Kortverhaal

kort literatuurwerk, gewoonlik in verhalende prosa geskryf From Wikipedia, the free encyclopedia

Die kortverhaal is nie soos sy naam aandui, bloot 'n korter verhaal nie; dit is 'n prosawerk met 'n besonder strak bou. In die kortverhaal gaan dit nie soseer om die gebeure nie; dit gaan om karakteronthulling, om die openbaring van 'n bepaalde aspek van die menslike bestaan. Die hoofkarakter word gewoonlik op 'n bepaalde oomblik in sy lewe getoon, waarop hy tot 'n dieper insig in die lewe kom. Die kortverhaal is dramaties eerder as epies.

Lengte

In terme van lengte, is die woordtelling tipies tussen 1 000 en 4 000 vir kortverhale; sommige het egter 15 000 woorde en word steeds as kortverhale geklassifiseer. Verhale met minder as 1 000 woorde word soms na verwys as "kort-kortverhale", of "blitsfiksie".[1]

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.