Shingwedzirivier

From Wikipedia, the free encyclopedia

Shingwedziriviermap
Remove ads

Die Shingwedzirivier (ook Xingwedzi in moderne Tsonga-ortografie[1]) is 'n rivier in Limpopo-provinsie, Suid-Afrika en Gaza-provinsie, Mosambiek.

Kitsfeite Shingwedzirivier Xingwidzi of Tshingwedzi, Koördinate: 23°5′24″S 31°24′43″O ...

Die rivier dreineer die plato aan die suidoostelike kant van die Soutpansberg.[2] Die oorsprong is ongeveer 40 km oos-suidoos van Thohoyandou. Dit vloei in 'n oostelike rigting deur die Laeveld en daarna deur die Krugerwildtuin.[3]

Die Shingwedzi is 'n linkerhand-takrivier van die Olifantsrivier wat 12 km stroomaf van die Massingirdam aansluit by die Olifantsrivier, daarna die Limpopo, voor dit suid draai en uiteindelik by Xai-Xai noordoos van Maputo in die Indiese Oseaan uitmond.[4]

Oorbeweiding en besproeiing langs die rivier het deur die jare erge gronderosie veroorsaak, veral na harde reënbuie.[5]

Die rivierbedding is 'n puik plek om vir Savanne-olifante op die uitkyk te wees, aangesien teeltroppe van 50 tot 60 algemeen hier waargeneem word.[6]

Thumb
Olifante les hul dors in die rivier in die Krugerwildtuin
Remove ads

Sytakke

Die belangrikste riviere in die Shingwedzibekken is:[7][8]

Damme

Twee damme is in die Shingwedzi in die Krugerwildtuin geleë, die Kanniedooddam (gesluit in 2018) en die Sirhenidam.[9] Die Makuleke-dam is in die Mphongolorivier.

In 1978 is die Kanniedooddam 9 km stroomaf van die kamp gebou, maar 40 jaar later weer afgebreek, in lyn met 'n rehabilitasieprojek wat kunsmatige waterpunte vir diere beperk.[10] Die kunsmatige voorsiening van water in 'n natuurlike droë streek het erosie en agteruitgang in die omgewing veroorsaak. Skaars herbivoorspesies soos die bastergemsbok het gely as gevolg van verhoogde weidingskompetisie deur volop grasvreters, en van predasie deur leeus wat eweneens hul gebiede uitgebrei het.

Remove ads

Samevloei in Mosambiek

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads