Die Skild (Latyn: Scutum) is ’n klein sterrebeeld in die suidelike hemelruim wat in die 17de eeu uitgedink is.

Thumb
Die werklike skild van Sobieski (in heraldiek).
Kitsfeite
Skild
Thumb
Latynse naamScutum
GenitiefScuti
AfkortingSct
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming18,7h
Deklinasie-10º
Grootte109 vk. grade (84ste)
KwadrantSQ4
Besonderhede
Hoofsterre2
Helderste sterAlpha Scuti (α Scuti)
Naaste sterLHS 3398
Sterre helderder as 3 m0
Sterre met planete1
Messier-voorwerpe2
Bayer-/Flamsteed-sterre7
MeteoorreënsJunie-Scutiede
Aangrensende sterrebeelde
Arend, Boogskutter, Slang
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde
Sluit

Die Skild is die enigste sterrebeeld wat na ’n nie-klassieke persoon genoem is. Dit is in 1684 uitgedink deur die Poolse sterrekundige Johannes Hevelius (Jan Heweliusz),[1] wat dit oorspronklik Scutum Sobiescianum (Skild van Sobieski) genoem het ter nagedagtenis van die oorwinning van die Poolse leër onder koning Jan III Sobieski in 1683 in die Slag van Wene. Later is die Latynse naam verkort na Scutum.

Ruimtevoorwerpe

Vyf helder sterre van die Skild – Alpha, Beta, Delta, Epsilon en Eta Scuti, wat voorheen 1, 6, 2, 3 en 9 Aquilae in die sterrebeeld Arend was – is latere heraanwysings.[2]

Die sterrebeeld bevat verskeie oop sterreswerms, asook ’n bolvormige sterreswerm en ’n planetêre nebula.

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.