From Wikipedia, the free encyclopedia
Rudolf August Wilkens Straeuli (gebore 20 Augustus 1963 in Pretoria, Suid-Afrika) is 'n rugbyspeler wat in die posisies van flank en agsteman vir die Springbokke gespeel het. Hy het later dieselfde Springbokspan afgerig. Hy het ook vir Noord-Transvaal (later Blou Bulle) en Transvaal (later Goue Leeus) gespeel in die Curriebeker-kompetisie.
| |||||
Volle naam | Rudolf August Wilkens Straeuli | ||||
---|---|---|---|---|---|
Bynaam | Rudi | ||||
Geboortedatum | 20 September 1963 | ||||
Geboorteplek | Pretoria, Suid-Afrika | ||||
Lengte | 1,9 m | ||||
Massa | 109,8 kg | ||||
Skool | Hoërskool Menlopark | ||||
Universiteit | Universiteit van Pretoria | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Flank Agsteman | ||||
Springbokno. | 616 | ||||
Professionele / senior klubs | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
1998–1999 | Bedford Blues | 6 | (0) | ||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
1990 1993–1996 |
Noord-Transvaal Transvaal |
? 61 |
|||
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
1996 | Transvaal | ||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
1994–1995 | Suid-Afrika | 10 | (20) | ||
Loopbaan as afrigter | |||||
Jare | Klub / span | ||||
2002–2003 | Suid-Afrika |
Straeuli het op 9 Julie 1994 sy debuut vir Suid-Afrika gemaak teen die All Blacks waartydens hy 'n drie gedruk het. Hy het in 10 toetse in totaal gespeel, insluitend in die Rugbywêreldbeker 1995. Sy rugbyloopbaan (as speler) eindig op 18 November 1995 teen Engeland op die Twickenham-stadion.
Straeuli het nie soveel opslae gemaak as rugbyspeler nie, maar was berug as Springbokafrigter. Nadat Harry Viljoen, die vorige afrigter, slegs 53% van sy wedstryde kon wen, was Straeuli deur baie beskou as die persoon wat Suid-Afrikaanse rugby kon regruk, en is op 1 Maart 2002 aangestel as afrigter.
Aan die begin het dinge goed verloop vir Straeuli en hy het sy eerste vier wedstryde gewen met oorwinings oor Wallis, 'n 20-puntoorwinning oor Argentinië en 'n oorweldigende 60–18 oorwinning oor Samoa. Maar toe die Springbokke die wêreld se top tien spanne moes aandurf, het dinge ernstig begin skeefloop vir Straueli.
Onder Straeuli het die Springbokke 'n laagtepunt bereik in wêreldbekerrugby met rekordnederlae teen verskeie lande, insluitende:
Deur al die nederlae was Straeuli se kommentaar aan die publiek dat hy nog aan sy span bou, en dat mense hom nie op sy Rugbywêreldbeker 2003-prestasie moet oordeel nie. Maar toe Suid-Afrika vir die eerste keer ooit in 'n wêreldbekertoernooi nie die kwarteindstryd haal nie, is hy verplig om te bedank nadat inligting oor sy berugte Kamp Staaldraad oefenkamp bekend geword het.
Ter opsomming was Straeuli die afrigter van 23 toetse, waarvan 52% gewen is. Dit was 'n swakker rekord as die van sy voorganger. Sy span wen slegs twee van hul 17 wedstryde teen die top-ses spanne in die wêreld. Dit maak hom die springbokafrigter met die swakste wenrekord in Suid-Afrikaanse rugbygeskiedenis.
Voorafgegaan deur Harry Viljoen |
Springbokafrigters 2002–2003 |
Opgevolg deur Jake White |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.