Robert Schuman
Luxemburgs-gebore Duits-Franse staatsman (1886-1963) From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Luxemburgs-gebore Duits-Franse staatsman (1886-1963) From Wikipedia, the free encyclopedia
Jean-Baptiste Nicolas Robert Schuman [ʀobɛʀ ʃuman] (* 29 Junie 1886 in Clausen, nou deel van Luxemburg;[1] † 4 September 1963 in Scy-Chazelles) was 'n Franse staatsman met oorspronklik Duitse burgerskap. Hy was 'n vrome katoliek en lid van die Christendemokratiese party.
Robert Schuman | |
Robert Schuman in 1949 | |
Eerste Minister van Frankryk | |
Ampstermyn 24 November 1947 – 26 Julie 1948 | |
President | Vincent Auriol |
---|---|
Voorafgegaan deur | Paul Ramadier |
Opgevolg deur | André Marie |
Ampstermyn 5 September 1948 – 11 September 1948 | |
President | Vincent Auriol |
Voorafgegaan deur | André Marie |
Opgevolg deur | Henri Queuille |
1ste Voorsitter van die Europese Parlementêre Vergadering | |
Ampstermyn 1958 – 1960 | |
Voorafgegaan deur | Hans Furler |
Opgevolg deur | Hans Furler |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | Jean-Baptiste Nicolas Robert Schuman 29 Junie 1886 Luxemburg, Luxemburg |
Sterf | 4 September 1963 (op 77) Scy-Chazelles, Lotaringe, Frankryk |
Politieke party | Mouvement Républicain Populaire |
Religie | Rooms-Katolieke Kerk |
Schuman het homself as 'n ware Europeër beskou. Hy is in Luxemburg met Duitse burgerskap gebore. As moedertaal het hy die dialek van Lotaringe gepraat. In 1918 het hy 'n Franse burger geword toe Lotaringe deur Frankryk ingelyf is. Hy het hom in die Tweede Wêreldoorlog by die Franse Weerstand aangesluit. Ná die oorlog het hy as Franse minister van buitelandse sake versoening met Duitsland bepleit.
Hy is veral bekend vanweë die Schumanverklaring van 9 Mei 1950 wat as die begin van die Europese eenwording beskou word en wat tot die huidige Europese Unie gelei het. Saam met Jean Monnet word hy as die "vader van Europa" beskou.
Robert Schuman se pa, Jean-Pierre Schuman (1837–1900), is in Évrange (Ewringen) gebore, wat in Lotaringe naby die grens met Luxemburg lê. In 1871 is hierdie gebied deur die Duitse Ryk ingelyf. Robert se ma, Eugénie Duren (1864–1911), is in Bettemburg gebore en was Luxemburgs. Sy het deur haar huwelik in 1884 die Duitse burgerskap gekry. Robert Schuman is in Clausen wat nou 'n deel van die stad Luxemburg is gebore, maar het Die Duitse burgerskap gekry. Die Franse taal het hy eers in die skool begin om te leer en hy het altyd 'n moeselfrankiese aksent behou.[2]
Sy oom Fernand Schuman, was lid van die parlement van Elsas-Lotaringe.[3]
In 1904 slaag hy in Metz aan die keiserlike gymnasium. Hy studeer regte aan die Rheinische Friedrich-Wilhelms-Universiteit in Bonn. In 1910 ontvang hy sy doktorsgraad Berlyn (summa cum laude). Ná sy ma in 1911 in 'n ongeval dood is, oorweeg hy om priester te word, maar uiteindelik besluit hy om leek te bly. Hy het nogtans nooit getroud en het sy hele lewe in selibaat geleef.[4]
In 1912 slaag hy vir die tweede staatseksamen. Hy open in Junie 1912[5] in Metz 'n prokureurskap. Tydens die Eerste Wêreldoorlog het Schuman by die distriksadministrasie van Bouley-Moselle (Bolchen) gewerk in in 1918 het hy ledi van die stadsraad van Metz geword.
Ná die anneksasie van Elsas-Lotaringe deur Frankryk in 1919 het hy vir die Union Républicaine Lorraine lid van die Franse Nasionale Vergadering (die parlement) geword. Van 1928–1936 is Schuman voorsitter van die Komitee Elsas-Lotaringe. Hy is tydelik vise-president van die Huis van Verteenwoordigers. Hy behou sy setel in die parlement in die vroeë dae van die Tweede Wêreldoorlog, maar in 1941 word hy deur die Gestapo inhegtenisgeneem. Schuman word in Metz en in Neustadt an der Weinstraße gevange gehou, maar in 1942 het hy daarin geslaag om te ontsnap. Hy het toevlug gevind in die klooster van Notre-Dame-des-Neiges in Saint-Laurent-les-Bains in Ardèche.
Na afloop van die oorlog is Robert Schuman opnuut lid van die Nasionale Vergadering. In 1946 word hy minister van Finansies en in 1947 Eerste Minister van die Franse Vierde Republiek. Hierdie republiek word deur groot instabiliteit gekenmerk en van 1948 tot 1952 is hy minister van buitelandse sake in agt verskillende regerings. In hierdie tyd het hy bekend geword deur sy pogings om versoening met Duitsland tot stand te bring. In 1950 word die Schumanverklaring afgekondig en in 1951 lei dit tot die Verdrag van Parys wat volgens hom die eerste stap in die rigting van 'n Europese Federasie sal wees.[6] Sy planne word nogtans in Frankryk min gesteun en in 1952 moet hy bedank.
In 1955 word die Europese Konvensie oor Menseregte deur 26 Europese lande onderteken waaraan Schuman aan bygedra het. In 1953–1958 onderneem hy talle lesings waarin hy die idee van 'n verenigde Europa bevorder. In 1955 word hy aangestel as minister van Justisie.
In 1957 sien hy met die Verdrag van Rome dat die Europese eenwording 'n stap verder gaan en in 1958 word hy gekies om die eerste president van die Europese Parlement te word, wat origens uiters min mag verkry. Hy kry wel in verskeie lande erkenning vir sy werk en word geëer met 'n eredoktoraat van die universiteit Leuven en die Karelsprys van die stad Aken.
Robert Schuman sterf op 4 September in Scy-Chazelles naby Metz.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.