Prins Franz Wilhelm van Pruise[1] (Franz Wilhelm Victor Christoph Stephan Prins van Pruise; gebore 3 September 1943) is ’n Duitse sakeman en lid van die Huis van Hohenzollern, die voormalige keisershuis van Duitsland en koningshuis van Pruise. Van 1976 tot 1986 was hy bekend as groothertog Michail Pawlowitsj van Rusland.[2] As ’n agterkleinseun van Wilhelm II van Duitsland is hy ook ’n agter-agter-agterkleinkind van koningin Victoria en ’n verlangse neef van Charles, Prins van Wallis.
Prins Franz Wilhelm van Pruise | |
---|---|
Groothertog Michail Pawlowitsj (1976-1985) | |
Huis | Hohenzollern |
Vader | Prins Karl Franz van Pruise |
Moeder | Prinses Henriette van Schönaich-Carolath |
Gebore | 3 September 1943 Grünberg, Silesië, Duitsland (nou Pole) |
Eggenote | Groothertogin Maria Wladimirowna van Rusland (22 September 1976 - 19 Junie 1985) Nadia Nour (2019 - tans) |
Kinders | Groothertog Georgi Michailowitsj |
Persoonlike lewe
Prins Franz Wilhelm is op 4 September 1976 op ’n burgerlike seremonie en op 22 September 1976 op ’n godsdiensseremonie getroud met sy verlangse niggie, groothertogin Maria Wladimirowna van Rusland (’n agter-agter-kleindogter van koningin Victoria).[3][4] Hy het hom voor sy huwelik tot die Russies-Ortodokse geloof bekeer en is ’n groothertog van Rusland met die naam Michail Pawlowitsj gemaak deur sy skoonpa, groothertog Wladimir Kirillowitsj van Rusland.[5][6][7] Prins Franz Wilhelm en groothertogin Maria het een seun (groothertog Georgi)[5][4][7] gehad voordat hulle in 1985 geskei is. Hy het daarna sy ou titel teruggeneem. Hy is in 2019 met Nadia Nour getroud.[3][5][4]
Sien ook
Verwysings
Skakels
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.