Hierdie naam is volgens die Oos-Slawiese gebruik; die patroniem is Michailowitsj en die van is Romanof.

Kitsfeite Gebore, Titel ...
Georgi Michailowitsj
Thumb
Gebore13 Maart 1981 (1981-03-13) (43 jaar oud)
TitelGroothertog van Rusland
Prins van Pruise
Ouer(s)Prins Franz Wilhelm van Pruise en groothertogin Maria Wladimirowna van Rusland
Sluit

Georgi Michailowitsj, groothertog van Rusland (Russies: Георгий Михайлович Романов; geb. 13 Maart 1981) is die regmatige erfgenaam van sy ma, Maria Wladimirowna, groothertogin van Rusland, ’n aanspraakmaker op die betwiste hoofskap van die Huis van Romanof.[1] Sy het aan hom die titel tsesarewitsj gegee en hy het ook die aanspraakmakertitel groothertog, met die aanspreekvorm Keiserlike Hoogheid.

As seun van ’n prins van Pruise het hy ook die titel prins van Pruise, met die aanspreekvorm Koninklike Hoogheid,[2] en is hy lid van die Huis van Hohenzollern.

Vroeë lewe

Georgi is in 1981 in Madrid gebore as die seun van prins Franz Wilhelm van Pruise (destyds met die titel groothertog Michail Pawlowitsj van Rusland) en groothertogin Maria Wladimirowna van Rusland.[3][1] Maria is die enigste kind en erfgenaam van groothertog Wladimir Kirillowitsj van Rusland.[4][2] Georgi het die titel groothertog van Rusland by groothertog Wladimir gekry.[5] Dit dra nie die goedkeuring weg van ’n groot deel van die familie wat lede van die Romanof-familievereniging is nie.[6]

Georgi het die eerste jare van sy lewe in Frankryk deurgebring voordat hy en sy ma na Spanje verhuis het.[7] Sy ouers is 1985 geskei.

Opvoeding en loopbaan

Georgi het in Madrid en Oxford studeer en daarna in Brussel en Luxemburg gewerk. In 2008 is hy aangestel as assistent van die direkteurgeneraal van MMC Norilsk Nickel, ’n groot Russiese nikkelmynmaatskappy.[8]

In 2014 het hy sy eie maatskappy, Romanoff & Partners, in Brussel op die been gebring.[9]

Aanspraakmaker

Op 21 April 1992, met die dood van sy oupa groothertog Wladimir Kirillowitsj, het sy ma beweer sy het hom opgevolg as die soewerein en kuratrise van die troon van Rusland.[10] Volgens haar ondersteuners is Georgi dus haar erfgenaam en ’n tsesarewitsj. Hy het Rusland kort daarna die eerste keer besoek om sy oupa se begrafnis by te woon.[7]

Sy aanspraak op die troon word betwis.

Sien ook

Verwysings

Skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.