From Wikipedia, the free encyclopedia
Sixtus I was die sewende pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Sixtus I | |
---|---|
Geboortenaam | Sixtus |
Pontifikaat begin | 115 |
Pontifikaat eindig | 125 |
Voorganger | Alexander I |
Opvolger | Telesforus |
Gebore | 42 Rome, Italië |
Sterf | 125 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Sixtus |
Sint Pous Sixtus I | |
---|---|
Martelaar | |
Gebore | 42, Rome, Italië |
Sterfte | 125, Rome, Italië |
Vereer in | Rooms-Katolieke Kerk Oosters-Ortodokse Kerk |
Pelgrimsoord | Vatikaanse begraafplaas |
Feesdag | 3 April |
Beskermheilige | Alife en Alatri |
Die oudste dokumente spel die naam as ‘’’Xystus’’’. Sixtus[1][2][3] was 'n Romein uit die Colonna-familie en sy vader se naam was Pastor. Hy volg Pous Alexander I op en regeer van 115 tot 125 tydens die bewind van keiser Trajanus en later keiser Hadrianus. Hy word opgevolg deur Pous Telesforus. Die naam 'Xystus' beteken 'die beskaafde'.
Volgens die Liber Pontificalis[4] is Sixtus gebore in die Via Lata-distrik en is sy dood gevolg deur 'n sede vacante van 2 maande.
Tydens sy bewind het hy het die volgende drie ordonnansies uitgevaardig:
Pous Sixtus I is heilig verklaar en hy word later as martelaar vereer. Sy feesdag is op 3 April.
Hy is in die Vatikaan begrawe langs die graftombe van Simon Petrus. Daar word gesê dat sy reliek oorgedra is na Alatri in 1132, maar O. Jozzi[5] beweer dat dit nog steeds in die Vatikaan is.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.