From Wikipedia, the free encyclopedia
Alexander I[1][2] was die sesde pous van die Rooms-Katolieke Kerk. Hy is die opvolger van Pous Evaristus en word op sy beurt opgevolg deur Pous Sixtus I. Hy word vereenselwig met die martelaar Alexander van die Via Nomentana,[3] wie se naamdag op 3 Mei is, maar hiervoor is geen feitelike bewys nie. Irenaeus, wat kort na hom geleef het, sê niks oor sy vermeende martelaarskap nie. Die tydperk van sy pontifikaat is nie presies bekend nie. Party skrywers noem 106–115, ander 109–116. Eusebius, in Ecclesiastical History IV, IV, 1 beweer dat Alexander in die derde jaar van die bewind van die Romeinse keiser Hadrianus oorlede is, nadat hy vir tien jaar lank biskop van Rome was. Volgens die tradisie is hy op 3 Mei 115 in Rome oorlede. Hy is die beskermheilige teen kropsiekte (skildkliervergroting) en skrofulose (tuberkulose van die limfkliere in die nek).
Volgens die Liber Pontificalis[4] was hy die seun van Alexander en gebore in Caput Tauri. Hy is saam met Eventius, 'n priester en Theodulus, 'n diaken gemartel. Hy is begrawe aan die Via Nomentana en na hom was daar 'n sede vacante van 35 dae.
Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse en Duitse wiki.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.