From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Piekenierskloofpas is 'n bergpas wat deel van die N7 nasionale pad uitmaak, net suid van Citrusdal en is in die Olifantsrivierberge wes van die Olifantsrivier in die Wes-Kaap. Die naam lei terug na gevegte tussen die Khoikhoi en soldate van die Nederlands-Oos-Indiese-Kompanjie. Piekeniers (lansiers) is opgestel in verskeie plekke in die Piekenierskloof om die boere teen strooptogte van die Khoikhoi te beskerm. Thomas Bain het die eerste pas deur die kloof gebou in 1857 en die pas is toe Grey's Pass genoem. Gedurende 1960 is die pas geteer en hernoem as Piekenierskloof. Die pas bereik sy hoogste punt op 519 m bo seevlak en het 'n maksimum steilte van 1:16. [1][2]
Piekenierskloofpas | |
Ligging | Suid van Citrusdal |
---|---|
Maksimumhelling | 1:16 |
Hoogte | 519 m |
Oppervlak | Teer |
Ingenieur | Thomas Bain |
Begin in | 1857 |
Pad | N7 |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.