Nederlandstalige uitgawe van Wikipedia, die vrye ensiklopedie From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Nederlandse weergawe van Wikipedia is op 19 Junie 2001 gestig en is sedert April 2022 die sesde grootste weergawe van hierdie aanlynensiklopedie gemeet aan die aantal artikels (tans 2 171 034) wat dit bevat, na die Engelse, Cebuano, Sweedse, Duitse en Franse Wikipedias.[1]
Nederlandse Wikipedia | |
---|---|
Tipe webblad | Wiki |
Taal(e) | Nederlands |
Registrasie | Opsioneel |
Eienaar | Wikimedia Stigting |
Outeur | Wikipedia-gemeenskap |
Opgerig | 2001 |
Huidige status | Aktief |
URL | nl.wikipedia.org |
Op 27 Januarie 2005 verskyn die 50 000ste artikel en nog dieselfde jaar, op 14 Oktober word die mylpaal van 100 000 artikels bereik.[2]
Op 24 Mei 2006 word die 200 000ste artikel gepubliseer en op 26 Desember 2006 word die grens van 250 000 artikels verbygesteek.[3] Die mylpaal van 300 000 artikels word op 29 Mei 2007 bereik.[4] Op 30 November 2008 word die 500 000ste artikel bygevoeg, en op 11 Desember 2011 bereik die Nederlandse Wikipedia die mylpaal van 1 000 000 artikels. In April 2013 steek die Nederlandse Wikipedia ook 1 500 000 artikels verby, nadat die Nederlandssprekendes se Wikipedia 'n maand vroeër groter as die Franse Wikipedia geword het.
Uit die hele Wikipedia-projek se soektogte maak die Nederlandse Wikipedia 1,2% uit. Tussen 1 November 2011 en 31 Oktober 2012 word die Nederlandse Wikipedia die meeste besoek deur gebruikers in: [5]
Nederland (70,5%)
België (24,6%)
Duitsland (0,7%)
VSA (0,6%)
Ander (3,6%)
Die Nederlandse Wikipedia word die meeste gelees:
'n Voorbeeld van 'n Nederlandse artikel wat maklik deur Afrikaanse gebruikers gelees kan word: nl:Afrikaans.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.