From Wikipedia, the free encyclopedia
Morné Steyn (gebore in Bellville, 11 Julie 1984) is 'n Springbokrugbyspeler wat vir die Blou Bulle as losskakel (no. 10) gespeel het in die Curriebeker en die Bulls in Superrugby. Hy is in 2008 in die posisie gekies nadat Derick Hougaard besluit het om sy loopbaan in Leicester voort te sit. In 2009 tydens die Britse en Ierse Leeus toer na Suid-Afrika het Morné Steyn die reeks vir Suid-Afrika beklink in die derde toets. In 2021 (12 jaar later) het hy dit weer gedoen toe hy 'n strafskop in die laaste minute van die laaste toets oorgeskop het. Hy is die enigste speler in wêreldrugby wie twee toetsreekse teen die Britse en Ierse Leeus kon wen.[1] Hy was ook deel van Suid-Afrika se span tydens die Rugbywêreldbeker 2015.
| |||||
Volle naam | Morné Steyn | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 11 Julie 1984 | ||||
Geboorteplek | Bellville, Suid-Afrika | ||||
Lengte | 1,84 m | ||||
Massa | 91 kg | ||||
Skool | Hoërskool Sand du Plessis | ||||
Beroep | Professionele Rugbyspeler | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Losskakel | ||||
Springbokno. | 803 | ||||
Amateurspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
UP-Tuks | |||||
Professionele / senior klubs | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2013–2020 | Stade Français Paris | 135 | (725) | ||
korrek soos op 3 Maart 2021. | |||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2003–2013, 2020– | Blou Bulle | 71 | (739) | ||
korrek soos op 12 Junie 2022. | |||||
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2005–2013, 2020– | Bulls | 144 | (1639) | ||
korrek soos op 12 Junie 2022. | |||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
2009–2021 | Suid-Afrika | 68 | (742) | ||
korrek soos op 14 Augustus 2021. |
Na afloop van die 2013 Superrugbyseisoen is Steyn deur die Franse klub Stade français Paris gekontrakteer.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.