From Wikipedia, the free encyclopedia
Mikola Hawrilowitsj Sjmatko (Oekraïens: Микола Гаврилович Шматько, gebore 17 Augustus 1943 in Donetsk, Oekraïne),[1] is 'n Oekraïense beeldhouer, professor en skilder. Hy het op die ouderdom van 33 'n beeldhouer geword. Sy marmerbeelde word deur Europese kuns en kultuur geïnspireer. Hy het 'n galery van beeldhou- en skilderkuns, Sjmatko & Sons, geskep.[2] Hierdie galery huisves sowat 100 beelde, waarvan meer as 70 van Oeraalse en Italiaanse marmer is, asook 300 gipsgietings en omtrent 30 skilderye, sketse en argitektoniese projekte. In 2000 is hy deur die Moskouse Instituut van Wêreldbeskawing as professor in die departement kuns aangestel om sy bydrae tot kuns en kultuur te vereer.[3]
Mikola Sjmatko | |
---|---|
![]() | |
Gebore | Mikola Hawrilowitsj Sjmatko 17 Augustus 1943 |
Nasionaliteit | Oekraïne |
Beroep | Beeldhouer, skilder |
Sjmatko is in 2004 die orde van Nestor Letopisets toegeken vir sy werk "Die geseënde maagd", 'n standbeeld van Moeder Maria vir die Oespenski-Swjatohorski-klooster.[4]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.