gekrediteerde skrywer van die Evangelie van Markus en Christelike heilige; tradisioneel met Johannes Markus geïdentifiseer From Wikipedia, the free encyclopedia
Markus die Evangelis (Grieks: Μάρκος) ook bekend as Johannes Markus of Sint Markus, is die eerste pariarg van Alexandrië en die persoon wat tradisioneel beskou word as die skrywer van die Evangelie volgens Markus. Moderne kritiese Bybeldeskundiges het egter tot die gevolgtrekking gekom dat die Evangelie van Markus deur 'n anonieme skrywer geskryf is, en nie deur Markus nie. Volgens kerklike tradisie het Markus die biskopsetel van Alexandrië gestig, wat een van die vyf belangrikste setels van vroeë Christendom was. Sy feesdag word op 25 April gevier, en sy simbool is die gevleuelde leeu.[5]
Markus die Evangelis | |
---|---|
'n Miniatuur in 'n Armeense Evangelie-manuskrip uit 1609, gehou deur die Bodleian-biblioteek | |
Evangelis, Martelaar | |
Gebore | c. 12 n.C., Cirene (volgens Koptiese tradiese)[1] |
Sterfte | c. 68 n.C (op 56), Alexandrië, Egipte, Romeinse Ryk |
Vereer in | Alle Christelike kerke wat Heiliges vereer. |
Pelgrimsoord |
|
Feesdag |
|
Attribute | Gevleuelde Leeu |
Beskermheilige | Advokate, Venesië,[2] Kopte, Egipte,[3] Mainar, Podgorica[4] |
Volgens William Lane (1974) identifiseer 'n "ononderbroke tradisie" Markus die Evangelis met Johannes Markus,[6] en Johannes Markus as die neef van Barnabas.[7] Hippolitus van Rome, in Oor die Sewentig Apostels, onderskei egter Markus die Evangelis (2 Timoteus 4:11), Johannes Markus (Handelinge 12:12, 25; 13:5, 13; 15:37), en Markus die neef van Barnabas (Kolossense 4:10; Filemon 1:24).[8] Volgens Hippolitus het hulle almal behoort aan die "Sewentig Dissipels" wat deur Jesus uitgestuur is om die evangelie te versprei (Lukas 10:1 e.v.) in Judea.
Volgens Eusebius van Caesarea,[9] het Herodes Agrippa I, in sy eerste jaar van heerskappy oor die hele Judea (41 n.C.), vir Jakobus, seun van Sebedeus, vermoor en Petrus gearresteer, van plan om hom na die Pasga dood te maak. Petrus is wonderbaarlik deur engele gered, en het uit die ryk van Herodes ontsnap (Hand. 12:1–19). Petrus het na Antiogië gegaan, toe deur Klein-Asië (hy besoek die kerke in Pontus, Galasië, Kappadosië, Asië en Bithinië, soos genoem in 1 Petrus 1:1), en het in die tweede jaar van keiser Claudius (n.C. 42) in Rome aangekom.[10] Iewers op pad het Petrus vir Markus teëgekom en hom as reisgenoot en tolk geneem. Markus die Evangelis het die preke van Petrus neergeskryf en sodoende die Evangelie saamgestel volgens Markus,[11] voordat hy in die derde jaar van Claudius (n.C. 43) na Alexandrië vertrek het.[12]
Volgens Handelinge 15:39, het Markus na Siprus saam met Barnabas gegaan na die Konsilie van Jerusalem.
Volgens tradisie het Markus in 49 n.C., ongeveer 19 jaar na die Hemelvaart van Jesus, na Alexandrië gereis en die Kerk van Alexandrië gestig. Die Kopties-Ortodokse Kerk, die Grieks-Ortodokse Kerk van Alexandrië en die Kopties-Katolieke Kerk spoor almal hul oorsprong na hierdie oorspronklike gemeenskap.[13] Aspekte van die Koptiese liturgie kan teruggevoer word na Markus self.[14] Hy het die eerste biskop van Alexandrië geword en hy word vereer as die stigter van die Christendom in Afrika.[15]
Volgens Eusebius,[16] is Markus in die agtste jaar van Nero (62/63 n.C.) waarskynlik deur Anianus opgevolg as die biskop van Alexandrië, weens sy komende dood. Latere Koptiese tradisie sê dat hy in 68 n.C. gemartel is.[1][17]
Bewyse vir Markus die Evangelis se outeurskap van die Evangelie van Markus wat sy naam dra, het sy oorsprong by Papias van Hiërapolis (c. 60 – c. 130 n.C.).[18][19][20] deskundiges van die Trinity Evangelical Divinity School is "amper seker" dat Papias na Johannes Markus verwys.[21] Sekere moderne Bybeldeskundiges vind Papias se inligting moeilik om te interpreteer.[22]
Die Koptiese Kerk stem ooreen met die identifisering van Markus die Evangelis met Johannes Markus, asook dat hy een van die Sewentig Dissipels was wat deur Jesus uitgestuur is (Lukas 10:1), soos Hippolitus bevestig het. Koptiese tradisie hou ook voor dat Markus die Evangelis die dissipels na Jesus se dood in sy huis gehuisves het, dat die opgestane Jesus na Markus se huis gekom het (Johannes 20), en dat die Heilige Gees met Pinkster in dieselfde huis op die dissipels neergedaal het.[23] Verder word geglo dat Markus ook onder die dienaars by die Huwelik by Kana was wat die water wat Jesus in wyn verander het, uitgegooi het (Johannes 2:1–11).[24]
Volgens die Koptiese tradisie is Markus gebore in Cirene, 'n stad in die Pentapolis van Noord-Afrika (nou Libië). Hierdie tradisie voeg by dat Markus later in sy lewe na Pentapolis teruggekeer het, nadat hy deur Paulus na Kolosse gestuur is (Kolossense 4:10; Filemon 24.) (sommige meen egter dat dit eintlik verwys na Markus, die neef van Barnabas) en het saam met hom in Rome gedien (2 Timoteus 4:11); hy het van Pentapolis af na Alexandrië gegaan.[25][26] Toe Markus na Alexandrië teruggekeer het, het die heidene van die stad gegrief oor sy pogings om die Alexandriërs weg te keer van die aanbidding van hul tradisionele gode.[23] In 68 n.C. het hulle 'n tou om sy nek gesit en hom deur die strate gesleep totdat hy dood was.[23]
Moderne Bybeldeskundiges (d.w.s. kritiese navorsers) het egter tot die gevolgtrekking gekom dat die Evangelie van Markus deur 'n anonieme skrywer geskryf is, en nie deur Markus nie.[27][28][29] Voorbeelde wat die siening ondersteun is dat die skrywer van die Evangelie van Markus blykbaar baie min geweet van die geografie van Palestina (omdat hy dit moontlik nooit besoek het nie),[30][31] hy "was baie ver van 'n boer of 'n visserman",[30] hy was nie bekend met Joodse gebruike nie (onwaarskynlik vir iemand van Palestina),[32][33] en hy was moontlik 'n "Gehelleniseerde Jood wat buite Palestina gewoon het".[34] Mitchell Reddish gee wel toe dat die naam van die skrywer Markus kon gewees het (wat die evangelie moontlik homoniem maak), maar die identiteit van hierdie Markus is waarskynlik onbekend.[33] Francis Moloney stel voor dat die skrywer iemand met die naam Markus was, hoewel dit dalk nie enige van die Markusse wat in die Nuwe Testament genoem word is nie.[35] The Routledge Encyclopedia of the Historical Jesus volg dieselfde benadering: die skrywer is Markus genoem, maar deskundiges is besluitloos oor wie hierdie Markus was.[32]
Volgens Alan Millerd, is die vier kanonieke evangelies anoniem en die meeste kritiese navorsers stem saam dat nie een van hulle deur ooggetuies geskryf is nie.[36] Sommige konserwatiewe navorsers van kerkgeskiedenis betwis die kritiese navorsing en verdedig tradisionele outeurskap, maar om 'n verskeidenheid redes het die meeste kritiese deskundiges hierdie teorieë laat vaar of ondersteun dit nouliks. [37]
Die fees van Sint Markus word op 25 April deur die Katolieke en Oosters-Ortodokse Kerke gevier. Vir die Kerke wat nog steeds die Juliaanse kalender gebruik, stem 25 April daarvolgens in lyn met 8 Mei op die Gregoriaanse kalender tot die jaar 2099. Die Kopties-Ortodokse Kerk vier die Fees van Sint Markus op Parmouti 30 volgens die Koptiese kalender wat altyd ooreenstem met April 25 op die Juliaanse kalender of 8 Mei op die Gregoriaanse kalender.
Waar Johannes Markus van Markus die Evangelis onderskei word, word Johannes Markus op 27 September (soos in die Romeinse Martelaarologie) en Markus die Evangelis op 25 April gevier.
Markus word onthou in die Kerk van Engeland en in 'n groot deel van die Anglikaanse Nagmaal, met 'n fees op 25 April.[38]
Markus die Evangelis word meestal uitgebeeld terwyl hy sy evangelie skryf of hou.[39] In Christelike tradisie word Markus die Evangelis gesimboliseer deur 'n gevleuelde leeu.[40]
Markus die Evangelis se simbool is die leeu in die woestyn; hy kan uitgebeeld word as 'n biskop op 'n troon wat met leeus versier is; as 'n man wat Venesiese matrose help. Hy word dikwels uitgebeeld met 'n boek met pax tibi Marce daarop geskryf of met 'n palm en boek. Ander uitbeeldings van Markus wys hom as 'n man met 'n boek of boekrol, vergesel deur 'n gevleuelde leeu. Die leeu kan ook met Jesus se Opstanding geassosieer word omdat daar geglo is dat leeus met oop oë slaap, dus 'n vergelyking met Christus in sy graf, en Christus as koning.
Markus die Evangelis kan ook uitgebeeld word as 'n man met 'n halter om sy nek en as die redder van die Sarasene se Christenslawe.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.