Mark Lawrence
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Mark Lawrence (* 16 Junie 1965) is ’n Suid-Afrikaanse internasionale rugbyskeidsregter en oogkundige. Hy het gedurende 1990 begin as skeidsregter nadat hy ’n besering as rugbyspeler opgedoen het. Hy het sy eerste toets in 2000 as skeidsregter beheer (dit was tussen Fidji en Italië) en is gekies om op te tree tydens die 2003 en 2007 Rugbywêreldbekers waar hy as lynregter en televisieskeidsregter diens gedoen het. Lawrence het 7 Sesnasies en 3 Drienasiestoetse beheer. Hy was in beheer van die 2007 Curriebekereindstryd tussen die Vrystaat Cheetahs en die Leeus[1] en ook in die 2008 Super 14-seisoen se eindstryd tussen die Crusaders en die Waratahs.
| |||||
Geboortedatum | 16 Junie 1965 | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboorteplek | Standerton, Suid-Afrika | ||||
Lengte | 1,86 m | ||||
Massa | 87 kg | ||||
Skool | Highbury Primêre Skool Beachwood Hoërskool | ||||
Universiteit | Witwatersrand Technicon | ||||
Loopbaan as skeidsregter | |||||
Jare | Kompetisie | Weds | |||
2003 & 2007 2000–11 2000–13 1995–2013 |
Rugbywêreldbeker Toetswedstryde Superrugby Curriebeker |
Lawrence het in September 2011 sy uittrede uit toetsrugby aangekondig en gesê dat hy wil fokus op die opleiding van opkomende skeidsregters.[2] Hy is sederdien aangestel as Hoof: Prestasie van skeidsregters by die SA Rugbyunie.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.