Mango (lugredery)

lugredery in Suid-Afrika From Wikipedia, the free encyclopedia

Mango (lugredery)

Mango (amptelik Mango Airlines SOC Ltd) was 'n Suid-Afrikaanse laekostelugredery. Die lugredery is in 2006 as 'n filiaal van die Suid-Afrikaanse Lugdiens gestig. Hulle het hoofsaaklik binnelandse lugroetes bedien en het meegeding teen die ander plaaslike laekosterederye. Mango se basis was die O.R. Tambo-lughawe naby Johannesburg.[2]

Kitsfeite IATA, ICAO ...
Mango
Thumb
IATA ICAO Roepteken
JE MNO TULCA
Gestig2006
Laaste vlugJulie 2021
HoofspilleO.R. Tambo Internasionale Lughawe
FokusstedeKaapstad Internasionale Lughawe
LojaliteitsprogramVoyager
Vlootgrootte10 (op sy hoogtepunt)
Bestemmings8
HouermaatskappySuid-Afrikaanse Lugdiens
HoofkantoorO.R. Tambo Internasionale Lughawe, Kemptonpark, Gauteng, Suid-Afrika
SleutelpersoneNic Vlok (hoof- uitvoerende beampte)[1]
Webwerfflymango.com
Sluit
Thumb
'n Boeing 737-8BG van Mango op die Kaapstad Internasionale Lughawe.

Sedert 2013 het die redery ook Saterdae en Dinsdae na Zanzibar gevlieg, 'n eiland op die Oos-Afrikaanse kus van die Indiese Oseaan.[3]

In lyn met kostebeparingsmaatreëls van ander vergelykbare laekostelugrederye was Mango se klantediens ook gerasionaliseer en gedigitaliseer deur middel van 'n toep ('n toepassing wat op slimfone en tabletrekenaars gelaai kan word)[3] wat:

  • Besprekings en die aankoop van kaartjies ondersteun
  • Opgedateerde vlugskedules en -tye vertoon
  • 'n Instapkaartjie en sekuriteitsklaring vir die passasier elektronies stoor en gereed hou
  • Naspoor van enige Mango-vlug verskaf, beide vir die passasier in die lug en vir familie/vriende wat op land wag
  • Mango-aanbiedings en uitverkopings aanbied.

"Vlerke geknip"

Mango is gehok as gevolg van wanbetaling en skuld aan ACSA (Airports Company of South Africa) op 28 April 2021. Geen Mango-vliegtuie mag sedert 28 April 2021 óf vertrek óf op enige ACSA-lughawe in Suid-Afrika land nie. Slegs 'n verklaring en verskoning is deur die maatskappy uitgereik. Dit is nog nie bekend of enige geld van die regering wat aan South African Airways toegestaan is (waarvan Mango 'n filiaal is) as 'n reddingsboei aan Mango toegewys sal word nie.[4]

Bestemmings

Mango het die volgende stede bedien:[5]

Suid-Afrika
Tanzanië
  • Zanzibar - Zanzibar Internasionale Lughawe

Vloot

Teen Augustus 2021 het Mango oor die volgende vliegtuie beskik:[6]

Meer inligting Vliegtuig, In vloot ...
Mango se vloot
Vliegtuig In vloot Bestel Passasiers Notas
Boeing 737-800 2 186 Voormalige South African Airways vliegtuie.
Totaal 2
Sluit

Aanboorddiens

As 'n laekostelugredery het Mango 'n uniforme vliegtuigvloot met 'n hoë sitplekdigtheid gehad. Mango het ook aanlyn-kaartjieuitreiking aangebied. 'n Standaardbespreking het nie etes en drankies ingesluit nie. Mango het 'n aanboordprogram gehad wat kos en drankies te koop aangebied het, by die passasier se sitplek.[7][8]

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.