Kemptonpark

stad aan die Oos-Rand van Gauteng, Suid-Afrika From Wikipedia, the free encyclopedia

Kemptonparkmap
Remove ads

Kemptonpark is 'n stad aan die Oos-Rand van Gauteng, Suid-Afrika.

Kitsfeite Land, Provinsie ...
Thumb
Airways Park, die hoofkantoor van die Suid-Afrikaanse Lugdiens
Remove ads

Geskiedenis

Dit is in 1903 gestig toe Karl Wolff 'n gedeelte van die plaas Zuurfontein verdeel het in standplase en dit genoem het na Kempten, sy geboortestad in Beiere, Duitsland. Dit is noordoos van Johannesburg en suid van Pretoria geleë. Dit het in 1992 stadstatus gekry.

Infrastruktuur

O.R. Tambo Internasionale Lughawe

Die lughawe Jan Smuts is in 1952 geopen op grond aan die suidekant van die dorp. Die lughawe se naam is in die laat 1990's verander na Johannesburg Internasionale Lughawe en weer in 2006 na O.R. Tambo Internasionale Lughawe.

Gautrein

Daar is 'n Gautreinstasie by die lughawe.

Paaie

Die R21 en R24 snelweë verbind die stad met die N3, N12, N14 en N17 nasionale paaie.

Skole

Van die stad se groot hoërskole is die Hoërskool Jeugland, Hoërskool Kempton Park, Hoërskool Birchleigh, Norkem Park High, Sir Pierre van Ryneveld en Curro Serengeti Akademie.

Remove ads

Bestuur

Kemptonpark is sedert 2000 deel van die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit. Die woonbuurte wat onder Kemptonpark val sluit in: Birchleigh, Birchleigh-Noord, Kemptonpark-Wes, Edleen, Van Riebeeckpark, Glen Marais, Allen Grove, Nimrodpark, Rhodesfield, Bonaeropark, Terenure, Estherpark, Norkempark, Aston Manor, Croydon en Spartan. Laasgenoemde is 'n uitgebreide industriële gebied. Tembisa is 'n groot tradisioneel swart woonbuurt wat ook deel vorm van die stad.

Gebore

Sien ook

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads