From Wikipedia, the free encyclopedia
George-lughawe (IATA-kode: GRJ, ICAO: FAGG) is 'n openbare lughawe in George, Suid-Afrika. Dit het voorheen bekend gestaan as die P.W. Botha Lughawe, genoem na die staatspresident wie tot sy dood naby George gewoon het. Dit is in 1977 gebou as 'n replika van die lughawe op Keetmanshoop, Namibië, maar weens sy uitbreiding en renovasie lyk dit nou heelwat anders.
George-lughawe het die toekenning vir Afrika se beste lughawe in die kategorie "onder twee miljoen passasiers per jaar" sewe keer ingepalm, die laaste keer in 2018. Dit is ook die veiligste lughawe van Afrika en dié vasteland se eerste ene wat net met sonkrag aangedryf word.[1] Die prys word deur die Airports Council International (ACI) toegeken.[2]
Die lughawe het 785 486 passasiers in 2017 bedien, vergelyke met die 154 000 in 2003.
Op 7 Desember 2009 het 'n Embraer ERJ 135-vliegtuig van Airlink, tydens 'n geskeduleerde vlug (SA-8625), in nat weerstoestande by die einde van die aanloopbaan afgegly en op die R404-pad tot stilstand gekom.[3]
Airlink | Kaapstad, Johannesburg–O.R. Tambo |
CemAir | Bloemfontein,[4] Kaapstad,[5] Johannesburg–O.R. Tambo[6] |
FlySafair | Johannesburg–O.R. Tambo |
Jaar | Passasiers | % verandering |
---|---|---|
2006 | 589 674 | 4,2% |
2007 | 652 031 | 10,6% |
2008 | 630 385 | 3,3% |
2009 | 548 498 | 13,0% |
2010 | 526 823 | 4,0% |
2011 | 565 291 | 7,3% |
2012 | 555 386 | 1,8% |
2013 | 560 432 | 0,9% |
2014 | 597 637 | 6,6% |
2015 | 698 187 | 16,8% |
2016 | 738 475 | 5,8% |
2017 | 785 486 | 6,4% |
2018 | 836 699 | 6.5% |
2019 | 840 813 | 0,49% |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.