Luxemburg (provinsie)

Belgiese provinsie in Wallonië From Wikipedia, the free encyclopedia

Luxemburg (provinsie)map

Luxemburg (Frans: Luxembourg, Nederlands: Luxemburg, Duits: Luxemburg, Waals: Lussimbork, Luxemburgs: Lëtzebuerg) is 'n Belgiese provinsie in Wallonië. Die provinsie het 'n bevolking van sowat 294 000 in 2023 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 4 459 km² met 'n bevolkingsdigtheid van 66 per km². Die hoofstad is Aarlen (Arlon/Arel).

Kitsfeite Luxemburg Luxembourg, Land ...
Luxemburg

Luxembourg
Provinsie
Thumb
Uitsig op Villance
Thumb
Vlag
Thumb
Wapen
Thumb
Ligging van die provinsie Luxemburg in België
Thumb
Kaart van die provinsie Luxemburg
Koördinate: 49°55′N 5°25′O
Land België
Gewes Wallonië
HoofstadAarlen
Regering
  GoewerneurOlivier Schmitz (LE)
Oppervlak
  Totaal4 459,25 km2 (1 721,73 vk. myl)
Bevolking
  Totaal293 967
  Digtheid66/km2 (170/vk. myl)
 1 Januarie 2023
TydsoneUTC+01:00 (MET)
  SomertydUTC+02:00 (MEST)
Webwerfwww.province.luxembourg.be
Sluit

Luxemburg lê in die suidooste van België en grens in die ooste aan die Groothertogdom Luxemburg en in die suide aan die Franse geweste Lotaringe en (vir 'n stukkie) Champagne-Ardenne. In Luxemburg word Frans en Wallonies[3] gepraat, behalwe in die suidooste teen die grens met die Groothertogdom Luxemburg waar daar ook Luxemburgs gepraat word, die Arelerland. In die suide teen die grens met Lotaringe word naas Frans ook Gaumais gepraat.[4]

Luxemburg lê grotendeels in die Ardenne, behalwe die uiterste noordweste wat in die Famenne en die Condroz lê en die uiterste suide wat Belgies Lotaringe of die Gaume genoem word. Deur die suider deel van die provinsie vloei die Semoisrivier en deur die noorder deel die Ourtherivier. Die Baraque de Fraiture in die munisipaliteit Vielsalm is met 652 meter die hoogste heuwel in Luxemburg en die op twee na hoogste van België.[5]

Administratiewe indeling

Luxemburg is in administratiewe opsig in vyf arrondissemente verdeel:

  • Arrondissement Arlon
  • Arrondissement Bastoge
  • Arrondissement Marche-en-Famenne
  • Arrondissement Neufchâteau
  • Arrondissement Virton

Die arrondissimente is in 43 munisipaliteite verdeel.

Thumb
Kaart van die arrondissemente en munisipaliteite

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.