Die kuswurgvy (Ficus natalensis) is 'n boom en deel van die wurgvye. In Suid-Afrika kom die spesie in KwaZulu-Natal en Limpopo voor. In die res van Afrika is die boom inheems in Angola, Benin, Burkina Faso, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Gaboen, Ghana, Guinee, Guinee-Bissau, Golf van Guinee-eilande, Ivoorkus, Kameroen, Kenia, Liberië, Malawi, Mali, Mosambiek, Namibië, Nigerië, Republiek die Kongo, Rwanda, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Sierra Leone, Soedan, Tanzanië, Togo, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
Kuswurgvy | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | F. natalensis |
Binomiale naam | |
Ficus natalensis Hochst., (1845) | |
Die boom ontkiem op 'n gasheerboom hoog bokant die grond en stuur dan fyn wortels af grond toe. Die wortels word algaande sterker en verwurg uiteindelik die gasheerboom. Hierdie boom lyk byna net soos die Bosvy maar die vrugte is baie groter. Die boom se FSA-nommer is 57.[1]
Die spesie het drie subspesies:
- Ficus natalensis subsp. graniticola J.E.Burrows
- Ficus natalensis subsp. leprieurii (Miq.) C.C.Berg
- Ficus natalensis subsp. natalensis
Fotogalery
Vrugte Loof en vrugte Lugwortels
Sien ook
Verwysings
Bron
Eksterne skakels
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.