From Wikipedia, the free encyclopedia
Die kromkop-kurper (Serranochromis altus) is 'n varswatervis wat in die Okavangorivier, boonste gedeelte van die Zambezi- en die Kafuerivier voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Humpback largemouth.
Kromkop-kurper | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | Pseudocrenilabrinae |
Genus: | |
Spesie: | S. altus |
Binomiale naam | |
Serranochromis altus | |
Die vis se voorkop het 'n kenmerkende duik in en die mond is groot. Die vis is hoofsaaklik olyfbruin, die sye is silwer en die skubbe se middelkant is bruin wat aan die vis 'n blokkiesvoorkoms gee. Daar is geen kolle op die kop nie maar wel donker kolle op die vinne. Die dorsale- en analevinne se rante is geel of oranje en die analevin is gelerig met rye eiervlekke op. Die vis word tot 41 cm lank en weeg dan 2 kg.
Die vis leef aan die oewers van hoofstrome met matige plantegroei. Hulle vreet vis en verkies die families Mormyridae en Schilbeidae. Hulle is snags meer aktief en broei in die somer voor die reënseisoen.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.