Okavangorivier

From Wikipedia, the free encyclopedia

Okavangorivier

Die Okavangorivier is een van die min riviere wat nie in die see uitmond nie. Dit ontspring in die hooglande van Angola, plaaslik bekend as die Kubangorivier, voor die Cuitorivier daarby aansluit. Dit vloei dan suidooswaarts voor dit eindelik die Okavangodelta in Botswana binnevloei. Dit vloei ook vir etlike kilometers op die grens tussen Angola en Namibië, en vorm die wesgrens van die Kaprivistrook. Aanliggend aan die Kaprivistrook is 'n stroomversnelling, die sogenaamde Popavalle, benewens die Mahango-wildtuin, gewilde toeriste-aantreklikhede.

Kitsfeite
Okavangorivier
Thumb
Die Okavangorivierdelta.
Die Okavangorivierdelta.
Thumb

Die stroomgebied van die Okavangorivier.

Oorsprong Hoogland van Bié (Angola)
Monding Okavangodelta in Botswana
Stroomgebied Angola, Namibië, Botswana
Lengte 1 600 km (994 myl)
Gemiddelde afloop 475 m³/s (16 774 cu ft/s)
Stroomgebiedopp. 530 000 km² (204 634 myl²)
Thumb
Kaart van die Okavangodelta.
Sluit
Thumb
Padbordjie in Botswana.
Thumb
Popavalle in 2018

Vislewe

Van die visse wat hier voorkom sluit in:

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.