From Wikipedia, the free encyclopedia
Kosibaai is 'n meer, baai, natuurreservaat en 'n grenspos net suid van die grenslyn tussen Suid-Afrika en Mosambiek in KwaZulu-Natal. Die kusdorpie, Ponta do Ouro is sowat 10 km hiervan langs die Mosambiekse kus geleë.
Kosibaai | |
---|---|
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | KwaZulu-Natal |
Naaste dorp | Maputo (Mosambiek), Richardsbaai (Suid-Afrika) |
Koördinate: 27°S 32.8333°O | |
Bestuursliggaam | Ezemvelo KZN Wildlife |
Die meer bestaan uit etlike mere wat met mekaar verbind is deur kronkelende kanale oor 'n afstand van 10 km. Die grootste meer is Nhlangemeer (plek van die riete), ook bekend as Kosimeer. Die meer is 5 km by 4 km groot en op plekke tot 50 m diep. Daar is baie visse en voëls in die meer. Die visarend kom ook hier voor.
Die natuurreservaat aan die suid-westelike punt van die meer is in 1950 geproklameer. Dit is in 1991 tot Ramsar-vleiland verklaar.
Die grenspos is oop tussen 08:00 en 17:00. (Telefoon- & faksnommer: 035-592-9536) [1]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.