Korinthe

From Wikipedia, the free encyclopedia

Korinthe

Korinthe[1][2][3] of Korinte[4] (Grieks: Κόρινθος) is 'n saamgevoegde munisipaliteit ("dimos") in die Griekse provinsie ("periferia") in die Peloponnesos. Dit was vroeër die hoofstad van die departement ("nomos") Korinthe. Die vyf plekke wat saamgevoeg is, is naamlik:

  • Assos-Lechaio (Άσσος-Λέχαιο)
  • Korinthe (Κόρινθος)
  • Saroniko (Σαρωνικό)
  • Solygeia (Σολύγεια)
  • Tenea (Τενέα)
Kitsfeite Land, Griekeland ...
Korinthe
Κόρινθος
Thumb
Stadsprofiel van Korinthe
Thumb
Die dimos van Korinthe
Die dimos van Korinthe
Land Griekeland
Provinsie Peloponnesos
Regering
 - Burgemeester Alexandros Pneumatikos
Oppervlakte
 - Totaal 611,291 km² (236 myl²)
Bevolking (2011)
 - Totaal 70,130
 - Digtheid 570/km² (1 476,3/myl²)
Tydsone EET/EEST (UTC+2/3) (UTG)
Areakode(s) 274 10
Webwerf: www.korinthos.gr
Sluit
Thumb
Ruïnes van die antieke stad
Thumb
Suile van die Apollo-tempel

Geskiedenis

In die oudheid was Korinthe 'n belangrike stadstaat. Korinthe het verskeie kolonies langs die Middellandse See gestig, waaronder Sirakuse op Sisilië. Die stad was strategies geleë tussen Attika met Athene, en die Peloponnesos met Sparta. Weens die gunstige posisie het hul handel gefloreer. Die Romeine onder leiding van Lucius Mummius het die stad na 'n beleëring in 146 v.C. verwoes.

In 44 v.C. is die stad deur Julius Caesar herbou en dit het vinnig aangegroei tot die belangrikste stad in die suide van Griekeland. Korinthe was ook die hoofstad van die Romeinse provinsie Achaia. Die stad het beroemd geword weens die Istmiese Spele wat tweejaarliks gehou is en wat slegs deur die Olimpiese spele oortref is.

Korinthe het ook bekend geword weens die feit dat hier al vroeg in die jare 50 na Christus 'n Christelike gemeente gestig is, waarheen Paulus briewe geskrywe het. Die Eerste en Tweede brief aan die Korinthiërs maak deel uit van die Nuwe Testament.

Antieke Korinthe word tans as 'n argeologiese terrein bedryf. Dit lê 'n bietjie buite die moderne stad en daar is nie veel van die ou stad oor nie. Slegs 'n paar suile van die Apollo-tempel het bly staan. Ook die "Akrokorinthos", die akropolis van die ou stad, is nog te siene.

Vervoer en ekonomie

Korinthe lê aan die beroemde Kanaal van Korinthe wat die Ioniese See, via die Golf van Korinthe met die Egeïese See verbind. Dit stel skepe in staat om van Piraeus (die hawe van Athene) na die Ioniese eilande te kan vaar sonder om rond om die Peloponnesiese skiereiland te moet vaar. Vandag nog versterk dit die posisie van Korinthe as handelstad.

Sedert die Olimpiese Spele van 2004 is daar ook 'n vinnige treinverbinding met Athene en die res van die Peloponnesos.

Galery

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.