Remove ads
munisipaliteit in die Italiaanse From Wikipedia, the free encyclopedia
Sirakuse (Italiaans: Siracusa, Sisiliaans: Sarausa) is 'n stad en munisipaliteit in die suidooste van Sisilië, 'n eilandgebied van Italië. Dit is 'n hawestad en ook die hoofstad van die gelyknamige provinsie, met 'n bevolking van 125 000.
Sirakuse Siracusa / Sarausa | |
---|---|
Stad | |
Sonsopkoms oor Sirakuse | |
Koördinate: 37°4′N 15°17′O | |
Land | Italië |
Streek | Sisilië |
Provinsie | Sirakuse |
Regering | |
• Burgemeester | Giancarlo Garrozzo (PD) |
Oppervlak | |
• Totaal | 204,1 km2 (78,8 vk. myl) |
Hoogte | 17 m (56 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 123 408 |
• Digtheid | 600/km2 (1 600/vk. myl) |
Tydsone | UTC+01:00 (MET) |
• Somertyd | UTC+02:00 (MEST) |
Poskode | 96100 |
Skakelkodes | 0931 |
Webwerf | www.comune.siracusa.it |
Sirakuse is bekend as die woonplek van die Griekse wiskundige en ingenieur, Archimedes (287–212 v.C.). Die stad word ook in die Nuwe Testament in die boek van Handelinge vermeld as die plek waar Paulus oorgebly het.[1] In 2005 is die stad, saam met die nabygeleë Rots Nekropolis van Pantalica, tot UNESCO-wêrelderfenisgebied verklaar.
Die stad het 'n ryke geskiedenis. Dit was oorspronklik 'n Griekse kolonie, wat in 734 v.C. deur Griekse boere uit Korinthe gestig is. Hulle het die kolonie syrako (Συρακοῦσαι), Grieks vir moeras, genoem.
Die oorblyfsels van die Griekse teater by Sirakuse aan die weskus van Sisilië (Sicilië) was een van die grootste teaters van die antieke wêreld. 'n Deursnee van 160 m was baie ruim. Vandag is daar nog 46 rye sitplekke oor, maar vermoedelik was daar oorspronklik nog 15 gewees. Dit word nog altyd gebruik vir die opvoering van Oud-Griekse dramas.
Die teater is in die 5de eeu v.C. gebou deur Hiëron I, tiran van Sirakuse.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.