From Wikipedia, the free encyclopedia
Koernik (Russies: курник; "hoenderpirog"), ook bekend as 'n bruilof- of tsarepirog, is 'n Russiese koepelvormige, sout pirog wat gewoonlik gevul word met hoender of kalkoen, eiers, uie, kasja of rys en ander bestanddele. Dit het in Suid-Rusland ontstaan, veral in die Kosakgemeenskappe, en is in die res van die land op troues genuttig.[1]
Koernik | ||
'n Koernik gevul met snye hoender, sampioene, blini, rys en eiers. | ||
Soort gereg | Pirog | |
Land | Rusland | |
Hoofbestanddeel | Hoendervleis | |
Ander bestanddele | Eiers, rys, uie en kasja of rys | |
Variasies | Hoender en sampioene |
Op spesiale geleenthede is dit aan die tsaar self voorgesit. Selfs vandag word dit in die grootste deel van Rusland op spesiale geleenthede opgedien.[2]
Op troues het die bruid en bruidegom tradisioneel elk 'n koernik gekry. Die bruid s'n is versier met blomme, wat skoonheid en minsaamheid weerspieël het, terwyl die bruidegom s'n versier is met mense wat die krag van die jong gesin verteenwoordig het.[2]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.