Kirof-oblast

federale deelgebied van Rusland From Wikipedia, the free encyclopedia

Kirof-oblastmap
Remove ads

Kirof-oblast (Russies: Ки́ровская о́бласть, Kirofskaja oblast) is ’n deelgebied van Rusland. Dit lê in die Wolga- Federale Distrik en die hoofstad is Kirof.

Kitsfeite

Die oblast het volgens die Russiese sensus van 2010 altesaam 1 341 312 inwoners.[1]

Remove ads

Geskiedenis

Kirof-krai is op 7 Desember 1934 gestig.[2] Dit is op 5 Desember 1936 in die Kirof-oblast omskep ná die aanvaarding van die Sowjetse grondwet van 1936.[2] Op 30 Oktober 1997 het Kirof saam met die oblaste Astrakhan, Moermansk, Oeljanofsk en Jaroslawl ’n magdelingsooreenkoms met die federale regering gesluit waarvolgens outonomie aan hulle toegeken is.[3] Die ooreenkoms is op 24 Januarie 2002 afgeskaf.[4]

Remove ads

Geografie

Die grondslag van die krai se natuurlike hulpbronne is woude (meestal naaldbome), fosfaat, rots, veen en pelse. Daar is groot neerslae veen en niemetaalagtige minerale: kalksteen, vrugbare kleigrond, sand en gruis. Die gebied is ryk aan minerale bronne en terapeutiese modder. Nizhnejifkino is ’n dorp met ’n oord waarheen mense van oor Rusland kom vir behandeling en rus.

Die streek se 19 753 riviere is altesaam 66 650 km lank. Die grootste deel van die streek word beslaan deur die Wjatkarivierbekken. Die Wjatka is ’n sytak van die Kamarivier in Tatarstan. Ander groot riviere sluit in die Moloma, Pizjma, Loeza, Kobra en Tsjeptsa.

Daar is altesaam 4 500 mere in die oblast – die grootstes is die Aksjoeben, Orlofskoje en Moeserskoje. Die diepste meer is die Lezjninskoje (36,6 m).[5]

Remove ads

Demografie

Die bevolkingsyfer van die Kirof-oblast volgens die Russiese sensus van 2010 is 1 341 312.[1]

Godsdiens

Russies-Ortodoks
 
40.1%
Ortodoks (ander)
 
1.3%
Ougelowiges
 
1%
Ander Christene
 
5.3%
Islam
 
0.9%
Spiritueel, maar nie       godsdienstig
 
32.9%
Ateïsties
 
13.1%
Ander of geen
 
5.4%
Godsdiens in Kirof-oblast[6][7]

Volgens ’n opname in 2012[6] behoort 40,1% van die Kirof-oblast se bevolking tot die Russies-Ortodokse Kerk, 5% is Christene maar behoort nie tot ’n spesifieke denominasie nie, 1,3% is Ortodokse Christene maar behoort nie tot die Russiese Kerk nie, 1% is Ougelowiges en 0,9% is Moslems. Daarbenewens beskou 32,9% hulle as spiritueel maar nie gelowig nie, 13,1% is ateïsties en 5,4% volg ander godsdienste of het nie die vraag beantwoord nie.

Stede en dorpe

Verwysings

Skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads