Kassiopeia (sterrebeeld)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Kassiopeia is ’n sterrebeeld in die noordelike hemelruim wat genoem is na die ydel koningin met dieselfde naam in die Griekse mitologie. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde. Dit kan maklik uitgeken word aan sy W-patroon wat deur vyf helder sterre gevorm word.
Kassiopeia | ||||
Latynse naam | Cassiopeia | |||
Genitief | Cassiopeiae | |||
Afkorting | Cas | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 1h | |||
Deklinasie | -60º | |||
Grootte | 598 vk. grade (25ste) | |||
Kwadrant | NQ1 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 5 | |||
Helderste ster | Alpha Cassiopeiae (Schedar) | |||
Naaste ster | Eta Cassiopeiae (Achird) | |||
Sterre helderder as 3 m | 4 | |||
Sterre met planete | 4 | |||
Messier-voorwerpe | 2 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 53 | |||
Simboliek | Koningin Kassiopeia (Griekse mitologie) | |||
Meteoorreëns | Perseids | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Kameelperd, Kefeus, Akkedis, Andromeda, Perseus | ||||
|
Cassiopeia bevat twee sterre wat met die blote oog sigbaar is. Hulle is van die helderste sterre in die Melkweg: Rho Cassiopeiae en V509 Cassiopeiae, albei van die baie skaars tipe geel hiperreuse. Eta Cassiopeiae is ’n nabygeleë dubbelster wat uit ’n sonagtige geel dwerg en ’n oranje dwerg bestaan.
Binne die W-patroon van die sterrebeeld lê Cassiopeia A. Dit is die oorblyfsel van ’n supernova wat sowat 300 jaar gelede plaasgevind het (soos nou van die Aarde af gesien 10 000 ligjare ver).[1] Dit is die sterkste radiobron wat buite ons sonnestelsel waargeneem kan word. In sy wolk is die radioaktiewe isotoop titaan-44 aangetref.[2]
Messier 52 (NGC 7654) en Messier 103 (NGC 581) is twee oop sterreswerms in Kassiopeia. Hulle het albei ’n helderheid van 7 mag en kan maklik met verkykers gesien word.
As ’n mens ons son van ons naaste ster, Alpha Centauri, af kon sien, sou die son ’n geel-wit ster met ’n helderheid van 0,5 mag gewees het. Die bekende W-patroon sou ’n sagsag-patroon gewees het met die son op die linkerkantse punt, die naaste aan Epsilon Cassiopeiae.
Die sterrebeeld is genoem na koningin Kassiopeia in die Griekse mitologie. Sy was die vrou van Kefeus, koning van Aithiopië, en die ma van prinses Andromeda. Die drie is naby mekaar tussen die sterre geplaas. Kassiopeia is daar gesit omdat sy gespog het Andromeda is mooier as die Nereïdes.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.