Kasjmiri

taal From Wikipedia, the free encyclopedia

Kasjmiri

Kasjmiri (کٲشُر,कॉशुर) is 'n Indo-Ariese taal wat deur sowat 7,1 miljoen mense in Noordwes-Indië en Noordoos-Pakistan, veral in die omstrede gebied Kasjmir, gepraat word. Kasjmiri is een van die amptelike tale van Indië naas Engels en Hindi. Kasjmiri word in beide die Perso-Arabiese en die Devanagari-alfabet, 'n Brahmi-skrif uit die Indiese skriffamilie, geskryf. Voorheen is die Sharada-skif gebruik. Kasjmiri is verreweg die belangrikste van die Dardiese tale en die enigste met 'n eie literêre tradisie.

Kitsfeite Kasjmiri کٲشُر कॉशुर, Amptelike status ...
Kasjmiri
کٲشُر
कॉशुर 
Uitspraak: [kəːʃur]
Gepraat in:  Indië
 Pakistan 
Gebied: Suid-Asië
Totale sprekers: 7,1 miljoen[1]
Taalfamilie: Indo-Europees
 Indo-Irannees
  Indo-Aries
   Dardies
    Kasjmiri 
Skrifstelsel: Persies-Arabies en Devanagari (tans)[2]
Sharada-skrif (antiek/liturgies)[2] 
Amptelike status
Amptelike taal in:  Indië[3]
Gereguleer deur: geen
Taalkodes
ISO 639-1: ks
ISO 639-2: kas
ISO 639-3: kas 
Thumb
Sluit
Thumb
Die woord "Koshur" in Perso-Arabiese, Sharada en Devanagari-skrif

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.