From Wikipedia, the free encyclopedia
Karakalpaks (Qaraqalpaq tili, Қарақалпақ тили, قاراقالپاق تىلى) is 'n Turkiese taal wat deur sowat 584 670 mense in Oesbekistan, Kasakstan en Turkmenistan gepraat word. Dit is die tweede mees verspreide taal van Oesbekistan naas Oesbekies en vorm die amptelike taal van die outonome republiek Karakalpakië in Oesbekistan.[2] Karakalpaks is nou verwant aan Kasaks en Kirgisies. Die naam Qaraqalpaq is afgelei van twee woorde: qara beteken "swart" en qalpaq "hoed"; Karakalpak beteken dus "swart hoed" en verwys na die Karakalpakke se tradisionele hoofbedekking.[3]
Karakalpaks Qaraqalpaq tili, Қарақалпақ тили, قاراقالپاق تىلى | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Oesbekistan Kasakstan Turkmenistan | |
Gebied: | Sentraal-Asië | |
Totale sprekers: | 584 670[1] | |
Taalfamilie: | Altaïes Turkies Kipchak Kipchak-Nogay Karakalpaks | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet Cyrilliese alfabet Arabiese alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Oesbekistan | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | kaa | |
ISO 639-3: | kaa | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
In 1924 het Karakalpaks 'n aparte skriftaal met 'n gemodifiseerde Arabiese alfabet geword. Maar reeds in 1927 is dit deur die "eenvormige Turkse alfabet" vervang. Met die instelling van 'n algemene Russiesonderwys is dit weer deur die Cyrilliese alfabet vervang. Na die verbrokkeling van die Sowjetunie aan die begin van die 1990's het die regerings van die Sentraal-Asiatiese lande met Turkiese tale die amptelike gebruik van die nuwe Turks-Latynse alfabet besluit. Die weergawe vir Karakalpaks is in 1997 bekendgestel, maar gebruik in teenstelling met Turks nie die algemene diakritiese tekens nie en stem ooreen met dié weergawe vir Oesbeks.[4]
А а | Ә ә | Б б | В в | Г г | Ғ ғ | Д д | Е е | Ё ё |
Ж ж | З з | И и | Й й | К к | Қ қ | Л л | М м | Н н |
Ң ң | О о | Ө ө | П п | Р р | С с | Т т | У у | Ү ү |
Ў ў | Ф ф | Х х | Ҳ ҳ | Ц ц | Ч ч | Ш ш | Щ щ | Ъ ъ |
Ы ы | Ь ь | Э э | Ю ю | Я я |
А а | B b | C c | D d | Е е | F f | G g | H h | I i |
J j | K k | L l | М m | N n | О о | P p | Q q | R r |
S s | Т t | U u | V v | W w | X x | Y y | Z z | А‘ а‘ |
O‘ o‘ | I‘ i‘ | U‘ u‘ | G‘ g‘ | N‘ n‘ | Sh sh | Ch ch |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.