Die kanferbos (Tarchonanthus camphoratus) is boom wat deel van die Asteraceae familie is. Die spesie is inheems in Angola, Botswana, Eritrea, Eswatini, Ethiopië, Jemen, Kenia, Lesotho, Malawi, Mosambiek, Namibië, Saoedi-Arabië, Suid-Afrika, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom die boom in Gauteng, Limpopo, Noord-Kaap, Noordwes en die Vrystaat voor.
Kanferbos | |
---|---|
'n Kanferbos in Jan Celliers Park. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Asterales |
Familie: | Asteraceae |
Genus: | Tarchonanthus |
Spesie: | T. camphoratus |
Binomiale naam | |
Tarchonanthus camphoratus L., (1753) | |
Sinonieme | |
|
Die boom staan ook bekend as die vaalbos of smalblaarkanferbos.
Kenmerke
Dit word tussen 2 – 9 m groot. Die boom se bas is lig van kleur met diep groewe in die lengte. Die blare is leeragtig met 'n dowwe grysgroen aan die bokant en bleekgrys aan die onderkant. Indien die blare gekneus word gee dit 'n kanfergeur af. Die blomme en sade is oortrek met wit hare.
Habitat
Die boom groei in duine, woudrande tot op hoë hoogtes. Die hout is swaar en word gebruik vir die maak van musiekinstrumente en meubels.
Sien ook
Bronne
Wikimedia Commons bevat media in verband met Tarchonanthus camphoratus. |
- REDLIST Sanbi
- Plants of the World Online
- Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0
- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.