Hindoestani (ہندوستانی, हिन्दुस्तानी, Hindūstānī, letterlik: "uit Hindoestan")[5][6] is die lingua franca van Noord-Indië en Pakistan; bekend onder sy letterkundige vorm as Hindi-Oerdoe (Devanagari: हिन्दी-उर्दू of हिंदी-उर्दू, Nastaliq: ہندی-اردو) en in die verlede is dit ook Hindui, Hindavi, en later Rekhta, Dehlavi, Hindi en Oerdoe genoem.[7][8] Dit is 'n Indo-Aries taal, wat veral op die Khariboli-dialek van Delhi en aangrensende gebiede in Noord-Indië gebaseer is,[9] maar ook 'n groot aantal leenwoorde aan Persies, Arabies, Sanskrit en Turks ontleen het.[10][11] Hindoestani is 'n plurisentriese taal met twee gestandaardiseerde registers: Hindi en Oerdoe.[12][13][9][14] 'n Derde vorm is Fidjiaanse Hindi, een van drie amptelike tale van Fidji.[15]
Hindoestani ہندوستانی, हिन्दुस्तानी, Hindustānī | ||
---|---|---|
Uitspraak: | Hindi: [ɦɪndʊstaːniː] Oerdoe: [ɦɪnduːstaːniː] | |
Gepraat in: | Fidji Indië Pakistan | |
Gebied: | Suid-Asië en Oseanië | |
Totale sprekers: | 324 miljoen (moedertaal) 214 miljoen (tweede taal)[1][2] | |
Rang: | 3/4 | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Indo-Irannees Indo-Aries Sentrale sone Westelike Hindi Hindoestani | |
Skrifstelsel: | Persies-Arabies en Devanagari | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Fidji as Fidjiaanse Hindi Indië as Hindi en Oerdoe Pakistan as Oerdoe | |
Gereguleer deur: | Central Hindi Directorate (Hindi)[3] National Language Authority (Oerdoe) National Council for Promotion of Urdu Language (Oerdoe)[4] | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | hi, ur | |
ISO 639-2: | hin, urd | |
ISO 639-3: | urd hin, urd | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Die konsep van 'n Hindoestani-taal as 'n "verenigde taal" of "versmeltingstaal" is deur Mahatma Gandhi voorgestaan.[16] In die destydse Brits-Indië het Hindoestani as ampstaal gedien, maar met die Verdeling van Indië word meer en meer 'n verskil tussen Hindi en Oerdoe beklemtoon, veral uit politieke redes.
Die eerste bekende poësie van Hindoestani in die vorm van Oud-Hindi dateer uit 769 n.C.[17] Gedurende die Sultanaat van Delhi in Indië het Hindoe- en Islamitiese kulture in kontak gekom, waarvolgens die Prakrit-basis van Oud-Hindi met leenwoorde uit Persies verryk is, wat gelei het tot die huidige vorm van Hindoestani.[18][19][20][21][22][23] Die Hindoestani-taal het tydens die Indiese Onafhanklikheidsbeweging 'n uitdrukking van die Indiese nasionale eenheid geword,[24][25] en word steeds deur die bevolking van die Noord-Indiese subkontinent as die algemene taal gebesig,[26] wat deur die Hindoestani-woordeskat in beide Bollywood-rolprente en liedjies weerspieël word.[27][28]
Die kernwoordeskat van die taal is afkomstig uit Prakrit ('n nasaat van Sanskrit),[29][17][30][31] met 'n aansienlike leenwoorde van Persies en Arabies (via Persies).[32][33][17][34] Die aantal sprekers kan net geskat word. Volgens Ethnologue se 2019-skatting sal Hindi en Oerdoe, as hulle onder Hindoestani saamgevat word, met 785 miljoen moedertaal- en tweede taalsprekers die derde mees gesproke taal wêreldwyd wees, ná Engels en Mandaryns,[35] alhoewel dit miljoene insluit wat hul moedertaal tydens die Indiese sensus as "Hindi" aangegee het, maar 'n ander Hindi-taal as Hindoestani besig.[36] Die totale aantal Hindi-Oerdoe-sprekers is in 1995 met meer as 300 miljoen aangegee, wat van Hindoestani die derde of vierde mees gebruikte taal wêreldwyd maak.[37][17]
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.