From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Verdeling van Indië (ook Partisie van Indië genoem) van 1947 het Brits-Indië in twee lande, Indië en Pakistan, verdeel. Hierdie verdeling het die einde van die Britse heerskappy op die Indiese subkontinent beteken. Die verdeling is gedeeltelik deur die Tweenasieteorie veroorsaak. Dié teorie is deur Syed Ahmed Khan, as gevolg van godsdienstige kwessies, aangebied. Pakistan het 'n Islamitiese republiek geword, terwyl Indië 'n sekulêre republiek met 'n hoofsaaklik Hindoe-bevolking geword het. Een van die belangrikste leiers van die verdeling was Muhammad Ali Jinnah, wat die eerste goewerneur-generaal van Pakistan geword het.
Die verdeling was 'n bloedige gebeurtenis en dit het die grootste migrasie in die geskiedenis[1] sowel as die dood van talle mense veroorsaak. Dit het ook verskeie oorloë tussen Indië en Pakistan veroorsaak.
Jaar | Gebeurtenis |
---|---|
1947 | Verdeling |
1948 | Hyderabad deur Indië geannekseer |
1950 | Barisal-onluste |
1956 | Pakistan word 'n Islamitiese republiek |
1964 | Onluste oor die Hazratbal-insident |
1971 | Bangladesj bevrydingsoorlog |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.