From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Grens tussen Namibië en Suid-Afrika is 1 005 kilometer (624 myl) lank.[1] Dit kronkel langs die Oranjerivier vanaf sy monding by die Atlantiese Oseaan tot by die 20 oosterlengtegraad, en dan pylreguit noordwaarts langs dieselfde lengtegraad tot by die driepunt met Botswana in die Nossobrivier.
Daar is sewe amptelike grensposte, met twee wat in oorgrensparke geleë is en slegs deur toeriste gebruik mag word. Noordoewer/Vioolsdrif word algemeen deur verkeer tussen Namibië en Kaapstad gebruik, terwyl Ariamsvlei/Nakop ideaal is vir verkeer na Gauteng en die ooste van Suid-Afrika asook Mosambiek.[2]
Hier is 'n lys van grensposte tussen Suid-Afrika (almal in die Noord-Kaap) en Namibië.[3][2]
Grenspos | Naam in Namibië | Ure oop | Nota's | GPS koördinate |
---|---|---|---|---|
Alexanderbaai | Oranjemund | 06:00–22:00 | Permit benodig vir Sperrgebiet | 28.5647°S 16.5036°O |
Nakop | Ariamsvlei | 24 uur | N10 word B3; asook spoorbrug | |
Onseepkans | Velloorsdrift | 08:00–16:30 | ||
Rietfontein | Klein Menasse | 08:00–16:30 | 26.7564°S 19.9992°O | |
Sendelingsdrif | Sendelingsdrif | 08:00–16:30 | Slegs vir toeriste aan die ǀAi-ǀAis/Richtersveld-vredespark |
28.1227°S 16.8889°O |
Mata Mata | Twee Rivieren | 07:30–16:30 | Slegs vir toeriste aan die Kgalagadi-vredespark | 25.7679°S 20.000°O |
Vioolsdrif | Noordoewer | 24 uur | N7 word B1 | 28.7656°S 17.6262°O |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.