From Wikipedia, the free encyclopedia
Gidon Kremer (Lets: Gidons Krēmers; * 27 Februarie 1947) is 'n Letse klassieke violis, artistieke direkteur, en stigter van Kremerata Baltica.
Gidon Kremer | |
---|---|
Agtergrondinligting | |
Gebore | 27 Februarie 1947 Riga, Lettiese Sowjet Sosialistiese Republiek, Sowjetunie |
Genres | Klassiek |
Gidon Kremer is in Riga gebore. Sy vader was Joods en 'n oorlewende van die Holocaust. Sy moeder was van Duits-Sweedse afkoms.[1]
Sy oupa Karl Brückner was 'n bekende musikoloog en violis in Riga.[2] Hy het op die ouderdom van vier die viool begin bespeel, en opleiding ontvang van sy vader en oupa wat beide professionele violiste was. Hy het voortgegaan om by die Riga Musiekskool te studeer, waar sy onderwyser hoofsaaklik Voldemar Sturestep was.
Van 1965 het Gidon Kremer saam met David Oistrakh by die Moskou Konservatoria gestudeer. In 1967 het hy derdeprys gewen by die Koningin Elisabeth Musiekkompetisie in Brussel; en in 1969 het hy die tweede prys gewen tydens die Montreal Internasionale Vioolkompetisie (gedeel met Oleh Krysa), gevolg deur eersteprys tydens die Paganini Kompetisie in Genua; en uiteindelik in 1970 weer die eerste prys tydens die Internasionale Tsjaikofski Kompetisie in Moskou.
Kremer se eerste konserttoer in die Weste was in Wene se Musikverein in die jaar 1970, waar hy saam met Thomas Schippers en die Weense Filharmoniese Orkes gespeel het. Hy het sy buiging in Duitsland gemaak tydens die Bachwoche Ansbach-fees en in 1975 saam met die Berliner Philharmoniker. Sy buiging in Londen was in 1976 saam met André Previn, gevolg deur verskynings by die Salzburgfees in 1976 en in New York en Japan in 1977.
In 1980 het hy die Sowjetunie verlaat om hom in Duitsland te vestig. In 1981 het Kremer 'n kamermusiekfees in Lockenhaus, Oostenryk gestig, met 'n gerigtheid op nuwe en ongewone programme en vir dertig jaar tot 2011 as artistieke direkteur daarvan gedien.[3]
In 1997 het Kremer die Kremerata Baltica kamermusiek orkes gestig, wat uit jong spelers van die Baltiese streek bestaan het.[1] Hy was ook een van die artistiese direkteurs van die "Art Projekt 92" fees in München en is direkteur van die Musiksommer Gstaad fees (1996/97) en Basel ("les musiques") in Switserland. In 2007-2008 het Kremer en die Kremerata Baltica saam met die klassieke musiek komedie-duo Igudesman & Joo getoer. Hy het ook tot die somer van 2011 gereelde verskynings by die Verbier-fees gemaak, waarna hy egter op openbare wyse die skynbare 'ster kultuur' aspek van die fees gekritiseer het en hom daarvan onttrek het.[4]
Hy het werke deur Astor Piazzolla (in die Hommage à Piazzolla opnames[5]), Gheorghe Enescu, Alban Berg, Dmitri Sjostakowitsj, Béla Bartók, Philip Glass, Alfred Schnittke, Victor Kissine, Mieczysław Weinberg, Arthur Lourié en John Adams gespeel. Hy het ook werke deur Leonid Desyatnikov, Alexander Raskatov, Alexander Vustin, Lera Auerbach, Pēteris Vasks, Arvo Pärt, Victoria Poleva, Valentyn Sylvestrov, en Stevan Kovacs Tickmayer opgevoer.
Van die vele komponiste wat werke aan hom gewy het sluit in Sofia Gubaidulina (Offertorium), Luigi Nono (La lontananza nostalgica utopica futura), Alfred Schnittke, Giya Kancheli, en Victor Kissine.
Sy vennote in opvoerings sluit Valery Afanassiev, Martha Argerich,[6] Mikhail Pletnev, Oleg Maisenberg, Vadim Sakharov, Mischa Maiski, Yo-Yo Ma, Clemens Hagen, Giedrė Dirvanauskaitė, Juri Bashmet, Kim Kashkashian, Thomas Zehetmair, en Tatiana Grindenko in.
Hy beskik oor 'n aansienlike oeuvre op die Deutsche Grammophon plaatetiket vir wie hy sedert 1978 opnames maak. Hy het ook opnames gemaak vir Philips Records, EMI, Decca Records, ECM[7] en Nonesuch Records.
Ter viering van Gidon Kremer se 70ste verjaardag (op 27 Februarie 2017) het Deutsche Grammophon 'n oorspronklike boksstel vrygestel genaamd "GIDON KREMER Complete Concerto Recordings on Deutsche Grammophon".[8] ECM Records het die geleentheid gemerk deur 'n nuwe plaat vry te stel van al Mieczyslaw Weinberg se kamerorkessimfonieë,[9] wat in Januarie 2017 vrygestel is en opgeneem is saam met die Kremerata Baltica.
In ander media het Kremer in 1983 die rol van Paganini gespeel in Peter Schamoni se rolprent Frühlingssinfonie ("Lentesimfonie") en was hy musikale direkteur van die rolprent Le joueur de violon deur Charles Van Damme.
Kremer is die skrywer van vier boeke wat handel oor musiek, insluitende Fragments of Childhood (Kindheitsplitter) en Letters to a Young Pianist (2013).
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.