From Wikipedia, the free encyclopedia
Eoraptor was een van die wêreld se eerste dinosourusse en het sowat 231,4 miljoen jaar gelede geleef,[1] tydens die laaste deel van die Trias-periode in Wes-Gondwana (nou die noordweste van Argentinië). Dit was ’n klein, ligte tweevoetige Saurischia van sowat ’n meter lank en naby verwant aan die voorsate van beide teropodes en souropodomorfe.[2]
Eoraptor | |
---|---|
’n Replika van ’n skelet in Japan. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Genus: | Eoraptor (Sereno et al., 1993) |
Bionominale naam | |
|
Eoraptor | ||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Kladistiese klassifikasie | ||||||||||||
| ||||||||||||
Toe dit in 1993 vir die eerste keer beskryf is, is dit beskou as een van die vroegste, indien nie die vroegste nie, bekende dinosourus. Eoraptor het heterodonte tande gehad, wat daarop dui dat dit allesvretend was en dat dié vreetstrategie vroeg al in dinosourusse ontwikkel het.
Die genusnaam is afgelei van die Griekse ηως eos, "daeraad"[3] (’n verwysing na sy primitiewe aard) en die Latynse raptor, "plunderaar" (’n verwysing na sy grypende hand).
Die spesienaam is afgelei van die Latynse luna, "maan", en die agtervoegsel -ensis beteken "bewoner". Dit verwys na die plek waar hy ontdek is, die Valle de la Luna, Spaans vir Vallei van die Maan. Eoraptor het sy naam in 1993 gekry van Paul C. Sereno, Catherine A. Forster, Raymond R. Rogers en Alfredo M. Monetta.[4]
Eoraptor het ’n skraal lyf van sowat ’n meter lank gehad, en het sowat 10 kg geweeg. Hy het ’n ligte skedel gehad, met effens vergrote buitenste neusgate.[5] Hy het regop en op sy agterbene se tone gehardloop. Uit sy bou kan afgelei word hy was vinnig. Hy het vyf tone/vingers aan elke "hand" gehad; die drie langstes het in groot kloue geëindig en hy het dié waarskynlik gebruik om prooi mee te hanteer.
Eoraptor was vermoedelik ’n omnivoor.[6] Hy het vinnig gehardloop en wanneer hy sy prooi ingehaal het, het hy dit met sy kloue en tande uitmekaargeskeur.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.