From Wikipedia, the free encyclopedia
Dubhe (ook bekend as Alpha Ursae Majoris of α UMa) is ondanks sy Bayer-aanwysing van alpha die tweede helderste ster in die sterrebeeld Groot Beer (Ursa Major).
Dubhe
| ||||
Dubhe se ligging (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Groot Beer | |||
Bayer-naam | Alpha Ursae Majoris | |||
Spektraaltipe | K0 III[1] + F0 V[2] | |||
Soort | Veelvoudig | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 11h 03m 43.67152s[3] | |||
Deklinasie | +61° 45′ 03.7249″[3] | |||
Skynmagnitude (m) | 1,79[4] | |||
Absolute magnitude (M) | -1,1 ± 0,04[5] | |||
B-V-kleurindeks | +1,07[4] | |||
U-B-kleurindeks | +0,93[4] | |||
Besonderhede | ||||
Komponent 1 | α UMa A | |||
Massa (M☉) | 4,25[1] | |||
Ligsterkte (L☉) | 316[1] | |||
Temperatuur (K) | 4 660[6] | |||
Rotasiespoed (km/s) | 2,6 ± 1[5] | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | -0,2 ± 0,07[6] | |||
Komponent 2 | α UMa B | |||
Massa (M☉) | ~1,6[1] | |||
Eienskappe | ||||
Afstand (ligjaar) | 123 | |||
Veranderlikheid | Vermoed[7] | |||
Ander name | ||||
Ak, 50 Ursae Majoris, BD+62°1161, CCDM J11037+6145AB, FK5 417, GC 15185, HD 95689, HIP 54061, HR 4301, PPM 17705, SAO 15384, WDS J11037+6145AB[8] | ||||
|
Dubhe is een van die twee sterre in die Groot Beer wat na die noordpoolster, Polaris, wys. Dit is sowat 123 ligjare van die Son af en is ’n spektroskopiese dubbelster, wat bestaan uit α Ursae Majoris A en α Ursae Majoris B. Eersgenoemde is die primêre ster, ’n reusester wat weg van die hoofreeks geëvolueer het nadat dit die waterstof in sy kern opgebruik het. Die sekondêre ster, B, is ’n hoofreeksster met ’n sterreklassifikasie van F0 V. Dit is in ’n wentelbaan van 44,4 jaar sowat 23 AE van die hoofster af.[2]
Daar is nog ’n spektroskopiese dubbelster 8 boogminute van dié sterre af, twee sterre van die 7de magnitude en spektraalklas F8. Dit word soms α Ursae Majoris C genoem, maar word apart gekatalogiseer as HD 95638.[2]
Dubhe varieer teen omtrent ’n duisendste van ’n magnitude. Hoewel dit in die Groot Beer lê, is dit nie deel van die Ursa Major-groep sterre wat saam deur die ruimte beweeg nie.[9]
Die ster se Bayer-naam is "Alpha Ursae Majoris". Die tradisionele name is "Dubhe" en "Ak". Dubhe kom van die Arabies vir "beer, dubb, van die frase ظهر الدب الاكبر żahr ad-dubb al-akbar, "die rug van die groter beer". Die seldsamer Ak beteken "die oog".[10]
In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam Dubhe vir α Ursae Majoris A goedgekeur omdat hulle name aan individuele sterre toegeken het eerder as aan groepe sterre.[11]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.