From Wikipedia, the free encyclopedia
Denkyira was ’n magtige Akanstaat wat van die 1620's op die skiereiland van die Asjantiryk bestaan het, in wat nou Ghana is. Voor 1620 is Denkyira Agona genoem. Die koning van die Denkyira is die Denkyirahene genoem en die hoofstad was Jukwaa. Die eerste Denkyirahene was Mumunumfi.[1]
Later het Denkyira se hoofstad na Abankeseso geskuif.[2] Die hoofstad van die huidige Denkyira-streek is Dunkwa-on-Offin.
Denkyira het magtig geword danksy goudvervaardiging en handel met Europa. Hulle het die botoon gevoer in die handel met Europa in die westelike deel van wat nou Ghana is.
Denkyira het sy buurstate van die Akwamu en Akyem oorheers,[3] en die Asjantiryk was skatpligtiges van Denkyira tot in 1701, toe die Asjanti hulle verower het, en Denkyira het daarna ’n skatpligtige staat van die Asjantiryk geword.[4]
In 1874 het Denkyira deel van die Britse Goudkuskolonie geword. Toe die Goudkus in 1957 sy onafhanklikheid van Brittanje kry as Ghana, het Denkyira en die Asjantiryk deel van Ghana geword. Odeefuo Boa Amponsem III was die Denkyirahene tot 2 Desember 2016, toe hy oorlede is.[5]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.