C/2020 F8 (SWAN)
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
C/2020 F8 (SWAN), of Komeet SWAN, is ’n komeet wat op 25 Maart 2020 ontdek is op foto's deur die SWAN-kamera aan boord van die SOHO-ruimtetuig.[1][2]
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Komeet C/2020 F8 (SWAN) se wentelbaan op 19 April 2020 | |
Ontdekking | |
---|---|
Ontdek deur: | Solar and Heliospheric Observatory (SOHO) |
Ontdekkingsdatum: | 25 Maart 2020 |
Wenteleienskappe | |
Epog: | 31 Mei 2020 (JD 2459000.5) |
Perihelium: | ~0,43 AE |
Eksentrisiteit: | ~0,999 |
Baanhelling: | ~110 |
Laaste perihelium: | ~27 Mei 2020 |
Die komeet het ’n skynbare magnitude van 8 gehad toe dit 1,2 AE van die Aarde af in die sterrebeeld Beeldhouer te sien was deur 'n teleskoop.[3] Dit kon toe in uitbarstingsmodus en ryk aan waterstof gewees het. Dit sou na verwagting in Mei 2020 ’n magnitude van 4 in die oggendlug bereik, maar sou naby die gloed van die Son met sonsopkoms wees.[2]
Op 12 Mei 2020 het die komeet sowat 0,56 AE van die Aarde af verbybeweeg. Omstreeks 27 Mei 2020 het dit sy perihelium (naaste afstand aan die Son) bereik.[1] Hierna het die komeet baie dof geword en het dit nie 'n sigbare kern gehad nie. Dit het waarskynlik gedisintegreer.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.