Beeldhouer (sterrebeeld)
sterrebeeld From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
sterrebeeld From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Beeldhouer (Latyn: Sculptor) is ’n klein, dowwe sterrebeeld in die suidelike hemelruim. Dit is in die 18de eeu deur Nicolas-Louis de Lacaille geskep. Hy het dit aanvanklik die Beeldhouer se Ateljee (Apparatus Sculptoris) genoem, maar dit is later verkort.
Beeldhouer | ||||
Latynse naam | Sculptor | |||
Genitief | Sculptoris | |||
Afkorting | Scl | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 0h | |||
Deklinasie | -30º | |||
Grootte | 475 vk. grade (36ste) | |||
Kwadrant | SQ1 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 4 | |||
Helderste ster | Alpha Sculptoris | |||
Naaste ster | Gliese 1 | |||
Sterre helderder as 3 m | 0 | |||
Sterre met planete | 6 | |||
Messier-voorwerpe | 0 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 18 | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Walvis, Waterdraer, Suidelike Vis, Kraanvoël, Feniks, Oond | ||||
|
Die Beeldhouer bevat geen sterre helderder as 3 mag nie. Dit is omdat die sterrebeeld die galaktiese suidpool bevat waar min sterre voorkom.
Die helderste ster is Alpha Sculptoris, met ’n helderheid van net 4,31 mag. Die sterrebeeld bevat die Sculptor-dwergsterrestelsel, wat deel is van die Lokale Groep (die groep sterrestelsels waartoe die Melkweg behoort) sowel as die Sculptor-groep, die naaste sterrestelselgroep aan die Lokale Groep. Die Sculptor-sterrestelsel (NGC 253), ’n staafspiraalstelsel en die grootste lid van die groep, lê naby die grens tussen die Beeldhouer en die Walvis. Nog ’n prominente lid van die groep is die onreëlmatige sterrestelsel NGC 55.
’n Unieke sterrestelsel in die Beeldhouer is die Wawiel-stelsel, wat 500 miljoen ligjare van die Aarde af is. Dit het ontstaan met die samesmelting van twee sterrestelsels sowat 300 miljoen jaar gelede. Dit het ’n kern van ouer, geel sterre wat die kleinste van die twee stelsels was, en ’n buitenste ring van jonger, blou sterre wat die grootste stelsel was. Die skokgolwe van die botsing het intensiewe stervorming in die buitenste ring tot gevolg gehad.[1]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.