From Wikipedia, the free encyclopedia
’n Onreëlmatige sterrestelsel is ’n sterrestelsel wat nie ’n kenmerkende vorm het soos ’n spiraal- of elliptiese sterrestelsel nie.[1] Sulke stelsels val nie in enige gewone klas soos deur Edwin Hubble bepaal nie en hul voorkoms is soms chaoties – hulle het nie ’n sentrale bol of duidelike spiraalarms nie.[2] Saam maak hulle omtrent ’n kwart van alle sterrestelsels uit. Die meeste onreëlmatige stelsels was eens elliptiese of spiraalstelsels, voordat swaartekragsteurnisse hulle misvorm het. Hulle bevat groot hoeveelhede gas en stof.
Daar is twee Hubble-hoofklasse:[3]
’n Derde soort klas is die onreëlmatige dwergsterrestelsels. Hulle is "dI" of "dIrrs".[4] Hierdie soort stelsels word deesdae belangrik geag om die algehele evolusie van sterrestelsels te verstaan omdat hulle min metale en baie gas bevat; daar word geglo hulle stem ooreen met die vroegste sterrestelsels in die heelal.
Sommige onreëlmatige sterrestelsels is klein spiraalstelsels wat deur die swaartekrag van ’n groter, nabygeleë stelsel misvorm is.
Die Magellaanse Wolke is eers as onreëlmatige sterrestelsels geklassifiseer, maar intussen is gevind hulle het staafspiraalstrukture. Hulle is intussen herklassifiseer as "SBm", ’n vierde soort staafspiraalstelsel bekend as die Magellaanse staafspiraaltipe.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.