From Wikipedia, the free encyclopedia
C/2019 Y4 (ATLAS), of Komeet ATLAS, is ’n komeet met ’n byna-paraboliese wentelbaan wat op 28 Desember 2019 deur die ATLAS-opname ontdek is.[1] Vroeë voorspellings wat op sy helderheid gebaseer is, het aangedui die komeet kan 'n magnitude van 0 bereik, net so helder soos die ster Vega.[2] Dit het baie dekking in die media gekry vanweë sy groot toename in helderheid, maar omstreeks 2 April 2020 het die komeet begin disintegreer.[3][4] Dit het al hoe dowwer geword[2] en is op 21 Mei 2020 laas gesien.[5]Sulke opbrekings is algemeen onder Kreutz-sonskeerders.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
C/2019 Y4 (ATLAS), afgeneem op 14 Maart 2020. | |
Ontdekking | |
---|---|
Ontdek deur: | ATLAS-opname |
Ontdekkingsdatum: | 28 Desember 2019 |
Wenteleienskappe | |
Epog: | 19 Februarie 2020 (JD 2458908.5) |
Afelium: | 669,1457±3,3432 AE |
Perihelium: | 0,2528 AE |
Lengteas: | 334,6993±1,6722 AE |
Eksentrisiteit: | 0,99924 |
Baanhelling: | 45,3842° |
Laaste perihelium: | 31 Mei 2020 |
C/2019 Y4 (ATLAS) was die helderste komeet van 2020 toe dit ’n skynbare magnitude van sowat 7 gehad het.[5] Dit was met ’n teleskoop te sien in die sterrebeeld Kameelperd. Dit het op 23 Mei 2020 op sy naaste punt aan die Aarde gekom en op 31 Mei die naaste aan die Son (sy perihelium).
Op 6 April 2020 het sterrekundiges op die internetdiens The Astronomer's Telegram aangekondig dat Komeet ATLAS moontlik aan die opbreek is.[3][4][6] Dit het toe wel opgebreek, in minstens vier stukke,[7] moontlik as gevolg van ontgassing. Nasa het daarna aangekondig die Hubble-ruimteteleskoop het op 20 April omtrent 30 stukke geïdentifiseer en op 23 April sowat 25 stukke.[8]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.