Die asteroïedwaarskuwingstelsel ATLAS (vir Asteroid Terrestrial-impact Last Alert System) is 'n robotiese sterrekundige opname en vroeë waarskuwingstelsel wat geoptimaliseer is om kleiner nabyaardevoorwerpe op te spoor 'n paar weke tot dae voordat hulle met die Aarde bots.

Kitsfeite Asteroid Terrestrial-impact Last Alert System, Alternatiewe naam ...
Asteroid Terrestrial-impact
Last Alert System
Alternatiewe naam ATLAS-projek
Kode T05 (ATLAS-HKO)
T08 (ATLAS-MLO)
M22 (ATLAS–SAAO)
W68 (ATLAS-CHL)
Webtuiste fallingstar.com/home.php
Sluit

Dit word deur Nasa befonds en deur die Universiteit van Hawaii se Instituut vir Astronomie ontwikkel en bedien. Die stelsel het tans vier 0,5-meter-teleskope. Twee is 160 meter van mekaar op die Hawaise eilande geleë, by Haleakalā (ATLAS-HKO, sterrewagkode T05) en Mauna Loa (ATLAS-MLO, sterrewagkode T08); een by die Sutherland-sterrewag in Suid-Afrika (ATLAS–SAAO, sterrewagkode M22) en een by die El Sauce-sterrewag in Chili (ATLAS-CHL, sterrewagkode W68).

ATLAS het in 2015 met waarnemings begin met een teleskoop by Haleakalā en in 2017 met twee in Hawaii. Die projek het toe Nasafondse gekry vir nog twee teleskope in die Suidelike Halfrond, wat vroeg in 2022 operasioneel geraak het.[1] Elke teleskoop bespied op 'n helder nag 'n kwart van die hele waarneembare hemel vier keer.[2] Die toevoeging van die twee suidelike teleskope het ATLAS se viervoudige dekking van die waarneembare lug verbeter van elke tweede helder nag tot elke nag, en het sy voorheen blinde kol in die verre suidelike lug uit die weg geruim.[3]

Ontdekkings

Van die voorwerpe wat ATLAS al ontdek het, is:

  • SN 2018cow, 'n relatief helder supernova, op 2018-06-16.
  • 2018 AH, die grootste asteroïed wat sedert 1971 so naby aan die Aarde verbybeweeg het, op 2018-01-02.
  • A106fgF, 'n asteroïed van 2-5 meter wat óf baie naby verbybeweeg óf met die Aarde gebots het, op 2018-01-22.
  • 2018 RC, 'n nabyaardeasteroïed, op 2018-09-03 (merkwaardig omdat dit ontdek is meer as 'n dag voor sy naaste afstand van die Aarde af.
  • 2019 MO, 'n asteroïed van sowat 4 meter breed wat in Junie 2019 in die Karibiese See suid van Puerto Rico geval het.[4]
  • C/2019 Y4 (ATLAS), 'n komeet.
  • 2020 VT4, 'n voorwerp van 5-10 meter wat nader aan die Aarde verbybeweeg het as enige ander bekende asteroïed.
  • AT2022aedm, 'n ontploffing in sy gasheerstelsel, 'n elliptiese sterrestelsel.[5]
  • C/2023 A3 (Tsuchinshan-ATLAS), 'n komeet.

Verwysings

Skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.