Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die boomspitsmuise (Scandentia) is 'n klein orde soogdiere wat tot die Euarchontoglires behoort. Die orde het net een familie, vyf onlangse genusse en ongeveer 16-19 spesies. Hulle kom van Indië en die suidweste van China tot die Filippyne en die Indonesiese eiland Borneo voor. Die meeste spesies word op Borneo aangetref en dit is dalk waar hulle ontstaan het. Daar is egter ook fossiele van hulle uit die paleoseen van Noord-Amerika en Europa.
Hulle is verwant aan die Dermoptera en aan die primate. Nes by die mens is hulle oogkasse met been omgewe. Die mannetjie het 'n balsak (skrotum) en daar is ooreenkomste in party slagare.
Hulle word tupaya genoem, maar hierdie naam beteken ook eekhoring. Hulle lyk taamlik soos eekhorinkies, maar die voorpote het vyf tone pleks van vier. Hul tandformule is 2/3 1/1 3/3 3/3 = 38. Hulle het groot oë en kan goed hoor. Hulle is hoofsaaklik dagdiere en kom in loofbosse voor.[1] Van hulle is boombewoners. Hulle vreet vrugte en sade maar soms ook klein diertjies. Die wyfie versorg die kleintjies in hul eie nes, wat apart van haar eie nes is.[2]
Euarchontoglires |
| ||||||||||||||||||||||||
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.