Remove ads
skrywer From Wikipedia, the free encyclopedia
Alvin Toffler (4 Oktober 1928 – 27 Junie 2016) was 'n Amerikaanse skrywer en futuris, bekend vir sy werke oor die digitale rewolusie, die kommunikasie rewolusie en die tegnologiese enkelvoudigheid. Hy was 'n voormalige redakteur van Fortune tydskrif en sy vroeë werk het gefokus op tegnologie en die gevolge daarvan soos inligtingoorlading. Daarna het hy ondersoek ingestel oor die reaksie op veranderinge in die samelewing en die gevolge van die post-industriële samelewing op konflik en oorlog. Hy was getroud met Heidi Toffler, ook 'n skrywer en futuris.
Alvin Toffler | |
---|---|
Alvin Toffler in 2006 | |
Gebore | |
Sterf | 27 Junie 2016 (op 87) |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Beroep | Futuris, joernalis, skrywer |
Bekend vir | Future Shock The Third Wave Powershift |
Eggenoot | Adelaide Elizabeth "Heidi" (Farrell) Toffler |
Kinders | Karen Toffler |
Ouer(s) | Rose (néé Albaum) en Sam Toffler |
Webwerf | alvintoffler.net |
In sy boek The Third Wave beskryf Toffler drie tipes samelewings, gebaseer op die konsep van 'golwe' waarvolgens elke golf die ouer samelewing en sy kultuur opsy skuif.
In hierdie post-industriële samelewing, is daar groot diversiteit van lewenstyle ("subkulture"). Adhocrasië (vloeibare organisasies soos byvoorbeeld die Wikipedia gemeenskap) reageer gou op veranderinge. Informasie word toenemend die plaasvervanger van materiële hulpbronne en word die hoofbron van werk (kenniswerkers). Massa op maat gemaak vermoëns verhoog die moontlikheid vir goedkoop, verpersoonlike produksie wat gefokus is op klein nismarkte (sien net-in-tyd produksie). Die gaping tussen vervaardiger en gebruiker word oorbrug met tegnologie. "Produbruikers" (Engels: prosumers) vervul hul eie behoeftes (sien oopbron, monteerstel en vryskutwerk).
Toffler verduidelik egter ook, "Die samelewing benodig mense wat omsien na die bejaardes en dié wat weet om meelewend en eerlik te wees. Die samelewing benodig mense wat in hospitale werk. Die samelewing benodig alle tipe vaardighede wat nie net kognitief is nie, maar ook emosioneel en liederyk. 'n Mens kan nie 'n samelewing net op data en rekenaars bestuur nie."
Sedert die 1960's, het mense gepoog om sin te maak van die gevolge van nuwe tegnologie en sosiale veranderinge. Toffler se skryfwerk was invloedryk selfs buite die grense van die wetenskap, ekonomie en openbare beleidsbesprekings. Tegno-musiek-pionier Juan Atkins stel dit dat Toffler se konsep "tegno-rebelle" in Future Shock hom geïnspireer het om die woord "tegno" (Engels: techno) te gebruik om hierdie musiekstyl te benoem.
Toffler se werke en idees word uit verskeie oorde gekritiseer, gewoonlik met dieselfde argumente gebruik teen toekomsstudies, naamlik dat dit onmoontlik is om die toekoms enigsins betroubaar te voorspel.
'n Paar van sy bekende werke is:
The Shockwave Rider is 'n wetenskapfiksieverhaal geïnspireer deur sy Future Shock.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.