2018-Rugbykampioenskapreeks

internasionale rugbyunie toernooi From Wikipedia, the free encyclopedia

2018-Rugbykampioenskapreeks

Die 2018-Rugbykampioenskapsreeks was die sewende jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Argentinië, Australië, Suid-Afrika en Nieu-Seeland. Die kompetisie word bedryf deur SANZAAR, ’n gesamentlike onderneming van die vier lande se nasionale rugbyunies. Die spanne is onderskeidelik die Pumas, Springbokke, Wallabies en die All Blacks.

Kitsfeite Datums, Kampioen ...
2018-Rugbykampioenskap
Thumb
Kenteken van die Rugbykampioenskap
Datums 18 Augustus - 6 Oktober
Kampioen  Nieu-Seeland (16 titels)
Wedstryde gespeel 12
Drieë gedruk 88 (7.33 per wedstryd)
Bywoning 408 543 (34 045 per wedstryd)
Meeste punte Nicolás Sánchez (67)
Meeste drieë Beauden Barrett
Aphiwe Dyantyi
Rieko Ioane (5 elk)
2017
2019
Sluit

Die toernooi het op 18 Augustus afgeskop met Australië teen Nieu-Seeland en Suid-Afrika as gasheer vir Argentinië, en agt weke later afgesluit (ses rondes en twee loslootjies) op 6 Oktober toe Nieu-Seeland Suid-Afrika besoek het en Australië in Argentinië gespeel het. Nieu-Seeland het die toernooi vir die 16de keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm en die Vryheidsbeker gewen, terwyl Australië met die Mandela Uitdaagplaat en die Poematrofee weggestap het.

Formaat

Die formaat vir die 2018-toernooi was soortgelyk aan dié van die vorige jare. Elke span het drie keer tuis gespeel, en drie keer weg, met ’n totaal van ses wedstryde elk, en twaalf in totaal. Met ’n wen het ’n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en ’n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. ’n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste drie drieë meer as die teenstander in ’n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. Die kompetisie se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.[1]

Telkaart

Meer inligting Nasie, Wedstryde ...
Nasie Wedstryde Punte[2] Bonuspunte Ligapunte
Speel Wen Gelyk Verloor Vir Teen Verskil
1Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 6501225132+93525
2Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 6303160154+6315
3Vlag van Australië Australië 6204124176–5219
4Vlag van Argentinië Argentinië 6204151198–4708
Sluit

Wedstryddatums

Meer inligting Datum ...
Datum Datum
Week 1 18 Augustus Week 4 15 September
Week 2 25 Augustus Week 5 29 September
Week 3 8 September Week 6 6 Oktober
Sluit

Week 1

Week 2

Week 3

Week 4

Week 5

Week 6


Meer inligting Rugbykampioenskapreekskampioen 2018 ...
Rugbykampioenskapreekskampioen 2018
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
Sluit

Statistiek

Meeste punte en drieë

Meer inligting Naam, Punte ...
Meeste punte aangeteken:
Naam Punte
1 Vlag van Argentinië Nicolás Sánchez 67
2 Vlag van Nieu-Seeland Beauden Barrett 61
3 Vlag van Suid-Afrika Handré Pollard 47
4 Vlag van Suid-Afrika Aphiwe Dyantyi 25
Vlag van Nieu-Seeland Rieko Ioane
Meeste drieë gedruk:
Naam Drieë
1 Vlag van Nieu-Seeland Beauden Barrett 5
Vlag van Suid-Afrika Aphiwe Dyantyi
Vlag van Nieu-Seeland Rieko Ioane
4 Vlag van Argentinië Nicolás Sánchez 4
5 Vlag van Argentinië Emiliano Boffelli 3
Vlag van Argentinië Bautista Delguy
Vlag van Australië Will Genia
Vlag van Australië Dane Haylett-Petty
Vlag van Suid-Afrika Makazole Mapimpi
Vlag van Nieu-Seeland Waisake Naholo
Vlag van Nieu-Seeland Aaron Smith
Sluit

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.