Zeus
From Wikipedia, the free encyclopedia
Zeus was in die Griekse mitologie die oppergod, die heerser van die berg Olimpus en die god van die lug en donderweer. Griekse kunstenaars beeld Zeus gewoonlik op een van twee maniere uit: staande, met ’n weerligstraal in sy regterhand wat hy omhoog hou; of sittende, op ’n majestueuse manier.
Zeus | |
---|---|
Oppergod van die Griekse mitologie | |
Die Jupiter de Smyrne, wat in 1680 in Smirna ontdek is (tans in die Louvre). | |
Naam | Zeus |
God van | Die lug en donderweer |
Blyplek | Die berg Olimpus |
Simbool | Weerligstraal, arend, bul, eik |
Vrou | Hera |
Ouers | Kronos en Rea |
Broers, susters | Poseidon, Hades, Demeter, Hestia, Hera |
Kinders | Ares, Atena, Apollo, Artemis, Afrodite, Dionusos, Hebe, Hermes, Herakles, Helen, Hefaistos, Perseus, Minos, die Muses |
Romeinse eweknie | Jupiter |
Zeus was die jongste kind van Kronos en Rea. In die meeste tradisies was hy getroud met Hera, maar soms ook Dione: Volgens die Ilias is hy die vader van Afrodite by Dione. Hy is bekend vir sy romantiese eskapades en die gevolg was talle goddelike en helddadige kinders, onder andere Atena, Apollo en Artemis, Hermes, Persefone (by Demeter), Dionusos, Perseus, Herakles, Helen, Minos en die Muses (by Mnemosune); by Hera was hy volgens die meeste weergawes die vader van Ares, Hebe en Hefaistos.[1]