![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/8d/Hera_Barberini_Pio-Clementino_Inv254.jpg/640px-Hera_Barberini_Pio-Clementino_Inv254.jpg&w=640&q=50)
Demeter
From Wikipedia, the free encyclopedia
Demeter (Grieks: Δημήτηρ) was in die Griekse mitologie die godin van graan en vrugbaarheid, die rein voeder van die jeug en die groen aarde, en die bewaarder van die huwelik en die heilige wette. In die Homeriese lofsang aan Demeter (omstreeks 7de eeu v.C.) word sy die "bringer van seisoene" genoem, ’n aanduiding dat sy aanbid is lank voor sy een van die twaalf Olimpiese gode geword het.
Kitsfeite Naam, Godin van ...
Demeter | |
---|---|
Griekse Olimpiese godin | |
![]() Demeter, ’n Romeinse kopie van die oorspronklike werk (Vatikaan-museum). | |
Naam | Demeter |
Godin van | Landbou en koring |
Blyplek | Die berg Olimpus |
Simbool | Fakkel, koringaar, papawer |
Ouers | Kronos en Rea |
Broers, susters | Poseidon, Hades, Hestia, Hera, Zeus |
Kinders | Persefone, Zagreus, Despoina, Arion, Plutos, Filomelos |
Romeinse eweknie | Ceres |
Sluit
Sy word dikwels uitgebeeld in ’n strydwa en saam met simbole van die oes, onder andere blomme, graan en vrugte. Sy word ook soms saam met haar dogter Persefone uitgebeeld.
Haar eweknie in die Romeinse mitologie is Ceres.