![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/a8/Wonderboom_wiki.jpg/640px-Wonderboom_wiki.jpg&w=640&q=50)
Wonderboomvy
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Wonderboomvy (Ficus salicifolia) is 'n mediumgroot boom (tot 10 m hoog) wat wydverspreid in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en Noordwes voorkom. Die spesie se vrugte is klein, 6 mm in deursnee. Hulle is aanvanklik groenerig-wit maar word pienk wanneer dit ryp is. Hierdie spesie is die bekende Wonderboom in Pretoria. Die boom se FSA-nommer is 60.[1] Die boom kom ook in die volgende lande voor: Algerië, Botswana, DR Kongo, Djiboeti, Egipte, Eritrea, Eswatini, Ethiopië, Jemen, Katar, Kenia, Koeweit, Libië, Malawi, Mosambiek, Niger, Oman, Saoedi-Arabië, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Sokotra, Soedan, Somalië, Tanzanië, Tsjad, Uganda, Verenigde Arabiese Emirate, Zambië en Zimbabwe.
Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...
Wonderboomvy | |
---|---|
![]() | |
Die Wonderboom in Pretoria. | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Rosales |
Familie: | Moraceae |
Genus: | Ficus |
Spesie: | F. salicifolia |
Binomiale naam | |
Ficus salicifolia Vahl, (1790) | |
Sinonieme | |
|
Sluit