From Wikipedia, the free encyclopedia
Witali Wolodimirowitsj Klitsjko (Oekraïens: Віталій Володи́мирович Кличко; gebore 19 Julie 1971 in Belowodskoje, Kirgisiese SSR, Sowjetunie) is 'n Oekraïense politikus en vroeëre professionele bokser. Hy is die stigter van die party Oekraïense Demokratiese Alliansie vir Hervormings, of OeDAR (Український демократичний альянс за реформи Віталія Кличка, УДАР: UDAR).
Op 25 Mei 2014 is Klitsjko tot burgemeester van die Oekraïense hoofstad, Kijif, verkies. Daarnaas is hy in die algemene verkiesing van 26 Oktober 2014 as afgevaardigde in die Oekraïense parlement verkies.
Klitsjko is 'n afgetrede kampioen (WBC Emeritus Champion) in die swaargewigklas van die Wêreldboksraad WBC asook vroeëre wêreldkampioen van die Wêreldboksorganisasie WBO. Altesaam 87,23 persent van sy teëstanders is uitgeslaan - een van die hoogste persentasies in die geskiedenis van professionele boks.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.